Elf sterf, 19 gewond in hospitaal
Elf sterf, 19 gewond in hospitaal

Elf sterf, 19 gewond in hospitaal

Estelle de Bruyn
Minstens 11 mense is Maandag dood en 19 gewond toe ’n hospitaal in die noorde van Jemen deur ’n lugaanval verwoes is.
’n Saoediese koalisie het die lugaanval gelei.
’n Ooggetuie op die toneel in die Abs-gebied in die Hajja-provinsie sê medici kon nie onmiddellik die gewonde slagoffers verwyder nie omdat hulle bang was dat nog bomme kon ontplof. “Die hospitaal, wat deur Dokters Sonder Grense (MSF) bedryf word, se ligging is baie bekend en die GPS-koördinate is herhaaldelik met verskeie betrokke partye by die konflik, insluitende die Saoediese koalisie, gedeel, ,” luidens MSF se verklaring.
MSF sê een van sy personeellede is dood en die ander was pasiënte.
Dit is die vierde aanval teen ’n MSF-fasiliteit in minder as 12 maande.
’n Woordvoerder vir die Saoediese koalisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.
’n Skool in die Saada-provinsie is Saterdag deur ’n lugaanval getref. Tien kinders het gesterf.
Die opleidingsfasiliteit word deur Jemen se oorheersende Houthi-­beweging bedryf. -Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!