En die wenners is . . .
En die wenners is . . .

En die wenners is . . .

Lloyd Zandberg
June Shimuoshili

Die afgelope naweek het alle paaie na die kus gelei waar die jaarlikse NAMA-toekenings vir die tweede keer by The Dome op Swakopmund plaasgevind het.

Musiekliefhebbers het in hul hordes na die kusdorpie gereis waar geskiedenis weer eens gemaak is.

Monique English het die aand met 'n skitterende vertoning afgeskop, waarna die beste vroulike kunstenaar Sally Boss Madam en die beste hip-hop-kunstenaar, KP Illest, die verhoog ingekleur het. Die skare het die optredes terdeë geniet.

Die eerste toekening van die aand het aan Bullet Ya Kaoko gegaan vir beste Ovirijie met hul liedjie “Desember”.

Nog 'n noemenswaardige toekenning het aan die trio PDK gegaan wat nie meer onder die produksiebestuur van Omalaeti is nie. PDK, wat 'n rukkie van die NAMA-toneel af was, het met die beste Soukus/Kwasa-toekenning weggestap.

Siegfried (Ou Jom) Haoseb en legendariese kitaarspeler Sebulon (Axue) Gomachab is tydens die glansgeleentheid as leeftydpresteerders vereer en het later die aand die verhoog vir 'n spesiale vertoning betree.

Die wenner in die kategorie beste musiekvideo van die jaar, Gazza, het in sy toespraak oor die belangrikheid van respek in die kuns- en vermaaklikheisvedryf gepraat en uitgewei oor die probleme wat 'n gebrek aan eenheid in die musiekbedryf oplewer.

"Maar ek maak nie musiek vir die kunstenaars nie. Ek maak musiek vir die mense. Ek verskuif die grense van Namibië en as jy nie dit respekteer nie, sal jy nooit kuns respekteer nie, "het Gazza gesê.

Die belangrikste wenners van die NAMA's was Kalux en Sally Boss Madam, wat weggestap het met die titels Manlike en Vroulike Kunstenaar van die Jaar.

Ander katogoriewenners:

Beste nuweling – Suzy Eises

Beste Ovirijie - Bullet Ya Kaoko

Beste Damara Punch - Kalux

Beste Afrikaans – Reeziana

Beste Soukous/kwasa - PDK

Beste Reggae - D-Naff

Beste Gospel - N.I.A

Beste Tradisioneel - Maszanga Family

Beste Kwaito - Exit

Beste Rap/ hip-hop - KP Illest

Beste RnB- Sally Boss Madam

Beste Afro pop - Chikune

Beste Huis – Cool Under Pressure

Beste Enkelsnit - Monique English

Best Samewerking - Chikune Ft Nyashinski

Best Duo - Paradox - The Known Unknown 11

Best vervaardiger - Sam-E Lee Jones Tequila

Best Musiekfilm - Gazza Ft Nyanda

Liedjie van die jaar - One Blood

Best album - Suzy Eises- Suzy Eises

Beste vroulike kunstenaar van die jaar - Sally Boss Madam

Beste manlike kunstenaar van die jaar - Kalux

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!