'Energieke' manspan op peil in Brazzaville
Tennis
Tielman van Lill – Namibië se manstennisspan is goed op dreef in Brazzaville, Kongo, waar hulle by die Sportif Concorde de Kintele-sportsentrum aan die Afrika groep IV Davisbekertoernooi deelneem.
Twee uit die tien betrokke tennislande sal die prys verwerf om volgende jaar na Groep III bevorder te word.
Die 21-jarige Nguvi Hinda, Codie van Schalkwyk (19) asook Connor van Schalkwyk en Daniel Jauss (beide 17) het vandeesweek hul aanslag op 'n hoë noot geopen.
Die spankaptein, Gerrie Dippenaar, sê die energie en entoesiasme van die jong span is uiters bemoedigend. “'n Mens kan sien hulle is vasbeslote om Namibië trots te maak.”
Volgens hom het Codie van Schalkwyk se bagasie op die eerste dae nog nie opgedaag nie, maar dit het hom nie gekeer nie. Codie het by sy jongboet 'n rakket geleen en het gelukkig met dieselfde skoengrootte as Dippenaar ook geholpe geraak.
Namibië het gister sy onoorwonne sukses sedert Maandag in groep A voortgesit toe Hinda en Jauss die gasheer se Duhamel Biboussy en Brasny Ntomosso met 6-7, 6-3, 6-1 in die dubbelspel oordonder het.
Die enkelspel het ewe glad vir die Namibiërs verloop en eindig die dag met 'n 3-0 sege teen Kongo.
Biboussy buig die knie met 6-0, 6-2 teen Connor, terwyl Codie vir Christ Mezenga in twee stelle met 6-0, 6-0 'n tennisles leer.
In Namibië se eerste uitstappie het hulle Botswana ewe gemaklik met drie teen nul die onderspit laat delf en dit Woensdag met 'n 2-1 oorwining teen Angola verseël.
Connor het Maandag vir Tshepo Mosarwa met 7-5, 6-1 afgeransel, terwyl Codie vir Tsholofele Tsiang met 6-3, 6-0 afgeslag het.
In die dubbelspel was Botswana aanvanklik meer halsstarrig, maar Hinda en Jauss slaag opnuut daarin om hul Namibiese buurman met 2-6, 6-4, 6-2 onder te kry.
Teen Angola was Namibië weer in beheer van die enkelspelwedstryde, maar Hinda en Jauss verloor die dubbelspel met 7-5, 6-4 teen Zidario Quitomina en Fernando André. Connor wen teen André (6-2, 6-1) en Codie oorheers teen Quitomina (6-0, 6-4) om die kragmeting as oorwinnaars met 2-1 af te sluit.
Ná die vierde dag is die Namibiërs boaan groep A (8 gewen en 1 verloor), gevolg deur Botswana (6-3). Derde is Angola (5-6), vierde Uganda (4-4) en vyfde die wenlose gasheerspan Kongo (0-9).
Groep B se stand: 1 Ivoorkus (8-1), 2 Nigerië (6-3), 3 Kameroen (6-3), 4 Senegal (4-8), 5 Gaboen (0-9).
Die toernooi kom môre tot 'n einde.
FOTO
Namibië se Davisbeker-tennisspan in Brazzaville. Van links staan Nguvi Hinda, Daniel Jauss, Gerrie Dippenaar (kaptein), Connor van Schalkwyk en Codie van Schalkwyk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie