Engele in die hoofstad
Engele in die hoofstad

Engele in die hoofstad

'n Vrou van Otjomuise sien tans na 28 wees en weerlose kinders om ná sy kanker geklop het.
Tanja Bause
Tanja Bause



“Al meer kinders in Namibië word daagliks wees gelaat en al minder mense sorg vir dié kinders,” sê me. Bettie Hoakhaos (52) van Place of Angels Orphanage in Windhoek.

Hoakhaos sien tans na 28 wees en weerlose kinders in Otjomuise om ná sy 'n belofte aan God gemaak het om dit te doen toe sy van kanker genees is.

“Ek is in 2002 met longkanker gediagnoseer. Ek het my linkerlong verloor en is drie jaar ná die diagnose genees,” sê sy.

Kort ná haar genesing het Hoakhaos 'n jong vrou in Katutura raakgeloop met 'n babaseuntjie van 'n jaar en 'n half.

“Sy het desperaat en moedeloos gelyk. Sy het my vertel sy het geen huis, kos of klere vir haar kind nie en weet nie wat sy moet doen nie. Daar en dan het ek aangebied om die kind soos my eie groot te maak en die idee om 'n weeshuis te bou, het posgevat.

“Johnny is nou 13 jaar oud en ek is tans in die proses om hom aan te neem. Ek het hom nog nooit vir die regering se weeskindtoelae geregistreer nie, want hy is soos my eie seun. Hy is ook die eerste kind wat ek kon help.”

Hoakhaos het agt jaar gelede 'n sopkombuis uit haar eie sak begin.

Sy het Place of Angels as welsynorganisasie geregistreer en sedertdien voorsien sy die 28 weeskinders van kos.

“Die kinders kom elke Saterdag na my huis toe, dan gee ek vir hulle 'n gekookte bord kos. Hulle kry ook droë kos wat hulle dan in die week vir hulself kan gaarmaak.



ERF in hoofstad

“Ongelukkig kan ek hulle nie tans 'n dak oor hul koppe gee nie en hulle moet dus na hul voogde of oppassers gaan, maar ek is gedurig in kontak met hulle en maak seker hulle word versorg,” sê sy.

Hoakhaos het by die munisipaliteit van Windhoek aansoek om 'n erf gedoen sodat sy 'n weeshuis kan oprig.

In September verlede jaar het die munisipaliteit vir haar 'n erf in Khomasdal te koop aangebied.

“Nou moet ek N$677 380 voor die 19de Augustus aan die munisipaliteit betaal of ek verloor die erf. Ek weet dit klink soos baie geld en onbereikbaar, maar as almal oraloor die land net 'n paar dollar kan gee, is die erf vinnig afbetaal.

“Ek vra die Namibiese gemeenskap nederig om 'n betaling direk by die munisipaliteit te doen sodat ek die erf kan kry. Ek weet mense is soms in die naam van weeskinders skelm en pleeg bedrog, maar ek het nog nooit gevra nie. Ek doen dit nie vir geld nie, dus soek ek ook nie geld nie. Mense kan die munisipaliteit direk betaal,” het sy gesê.

Hoakhaos wil ook 'n tuin aanlê sodat kinders uit die tuin gevoer kan word en oortollige groente en vrugte aan die gemeenskap verkoop kan word.

“Die plan is ook om 'n paar woonstelle op te rig sodat die weeshuis volhoubaar is en ons nie op borge moet staatmaak nie,” sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!