Erfenisweek bekend gemaak
Die Franco-Namibië Kultuursentrum (FNCC) het as gasheer die nasionale erfenisweek vanaf 19 - 24 September in die hoofstad bekend gemaak. Uitstallings van verskeie kulture en tradisies sal vir die hele week by die sentrum aangebied word. Volgens die personeel- en administrasiebestuurder van die Museumvereniging van Namibië (M.A.N), me. Ndapewoshali Ashipala, was die uitstalling destyds net vir ’n dag gebou, maar deur die jare het die belangstelling gegroei en word dit deesdae ’n week lank aangebied. Volgens Ashipala is die uitstalling daar om die erfenis ten toon te stel wat die voorouers nagelaat het. “Dit is ’n erfenis wat aan die nageslag oorgedra móét word,” het sy gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie