Erg gestremd ná asemnood voor geboorte
'n Vrou wie se baba in nood was en wat 'n keisersnee moes kry, het die volgende dag eers normaal geboorte geskenk.
Henriette Lamprecht – Die ouers van 'n driejarige seuntjie dagvaar die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vir miljoene dollar nadat hy met ernstige breinskade gebore is.
Isaac Buchane Mafale is op 26 Desember 2017 gebore en kan nie loop, praat of vaste kos eet nie.
Sy ouers, Mwiza Nyambe en Ishamel Mafale, dagvaar die ministerie vir N$4 miljoen.
Nyambe het volgens hofstukke op Kersdag 2017 terwyl sy nege maande swanger was, vir hulp by die Windhoek Sentrale Hospitaal aangeklop nadat sy gesukkel het om asem te haal. Sy is opgeneem. Mediese personeel aan diens het mediese toetse op die fetus uitgevoer en aan Nyambe gesê die baba is in nood en die hartklop was nie normaal nie.
'n Mediese dokter, ene dr. Nawa, het aan haar gesê 'n keisersnee gaan later die dag uitgevoer word omdat haar baba in nood was.
Sy is egter later ingelig die operasie is gekanselleer en sy gaan die volgende dag geïnduseer word sodat sy normaal geboorte kan skenk.
Nyambe het die volgende dag natuurlik aan haar babaseun geboorte geskenk, wat nie met geboorte gehuil het nie en op 'n suurstofmasjien geplaas is.
Op 27 Desember het Nyambe volgens haar verklaring gesien haar seuntjie kry stuiptrekkings. Sy het 'n verpleegster hieroor ingelig wat glo beloof het om dadelik die dokter hieroor in te lig. Volgens Nyambe het sy dit egter nooit gedoen nie.
Met verloop van tyd het sy agtergekom haar seuntjie is agter met sy ontwikkeling en in September 2018 het hy agteruit begin gaan en het hy al hoe gereelder stuiptrekkings begin kry. Verskeie toetse en skanderings is op hom uitgevoer, insluitend 'n MRI-skandering op sy brein.
Dit het gewys hy het 'n tekort aan suurstof in die baarmoeder of tydens geboorte ervaar en gevolglik kan sy brein nie ontwikkel nie. Isaac kan nie praat, loop of vaste kos inneem nie.
Nyambe en Mafale sê sy toestand kan toegeskryf word aan nalatigheid van personeel wat versuim het om 'n keisersnee uit te voer die oomblik toe Nyambe gesê het sy sukkel om asem te haal en daar bevind is haar baba verkeer in nood.
Die ouerpaar eis N$900 000 vir emosionele en sielkundige trauma, N$100 000 vir verskeie mediese ondersoeke en skanderings asook die spesiale kos wat hy moet kry en N$3 miljoen vir toekomstige mediese en daaglikse uitgawes om sover as moontlik 'n normale lewe vir Isaac te kan bied.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie