• Tuisblad
  • Sake
  • Erge beurtkrag sal uitvoer van tafeldruiwe knou
Erge beurtkrag sal uitvoer van tafeldruiwe knou
Erge beurtkrag sal uitvoer van tafeldruiwe knou

Erge beurtkrag sal uitvoer van tafeldruiwe knou

Marelize Barnard

Mens kan nog ’n koelkamer se deur vir twee uur toehou om die druiwe te beskerm, maar wanneer beurtkrag ses uur lank duur, gaan jy skade kry.

Só sê ’n bekommerde Willem Bestbier, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf (Sati), nadat fase 6-beurtkrag onverwags vandeesweek ingestel is – in die middel van die tafeldruifbedryf se besigste tyd van die seisoen.

En dít raak alle streke landswyd, van die noordelike provinsies soos Limpopo en Mpumalanga, die streke by die Bergrivier, Hexrivier en Olifantsrivier in die Wes-Kaap en die dele om die Oranjerivier in die Noord-Kaap.

“Ons bedryf is nou in sy spitstyd. Dit is ’n betreklike kort tyd waarin alles gebeur. Die grootste skade is wanneer die koueketting verbreek word. Dit word deurentyd gemonitor en beurtkrag van ses uur beteken eenvoudig dit is nie meer geskik vir uitvoer nie,” sê Bestbier.

Die grootste skade is wanneer die koueketting verbreek word.

Hy sê tafeldruiwe is hoogs bederfbaar en die handhawing van die koueketting en lae temperature is deel van formele en wetlik bindende internasionale maatreëls. Onderbrekings in temperatuur kan produkte vir uitvoerdoeleindes diskwalifiseer.

Verder is pakhuise uiters arbeidsintensief en duisende werkgeleenthede en die bruto inkomste op uitvoer van meer as R7 miljard op plaasvlak is onmiddellik in gedrang, sê Bestbier.

Ook Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê die jongste beurtkrag kom op ’n besonder besige tyd vir produsente en landboumaatskappye.

Beurtkrag het ’n negatiewe invloed op energie-intensiewe en besproeiing afhanklike bedrywe van landbou – in die proses van die plaashek tot in die verbruiker se huis. Die handhawing van die koueketting is van kritieke belang om die gehalte en rakleeftyd te verseker, sê Jansen.

Hy sê die landbousektor het ’n verskeidenheid groenkragoplossings vir die energiekrisis in Suid-Afrika.

“Ons sal graag wil sien dat Eskom saam met ons werk om die energievoorsieningsnetwerk te diversifiseer met onder meer son- en windenergie,” sê Jansen.

Jacques Jordaan, die uitvoerende hoof van die produsentevereniging vir inmaakvrugte, ’n lid van Agri SA se bedryfskamer, sê vrugte is in verskillende fases waarin dit ryp word en optimale waterbestuur is van kritieke belang.

“Kragonderbrekings het ’n regstreekse invloed op die bestuur van watertoevoer in boorde en watertekorte kan in baie gevalle nie later reggestel word nie. Gevolglik word kleiner vrugte geproduseer wat ’n verlies aan inkomste vir die hele waardeketting inhou.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!