Erindi-transaksie in Tweya se hande
Ogone Tlhage
Die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, gaan 'n openbare beraadslagingsproses oor die beplande verkoop van die Erindi- private wildreservaat aan die Mexikaanse miljardêr, mnr. Alberto Baillères, lei.
Dié wildreservaat is al vyf jaar lank teen 'n bedrag van N$2 miljard in die mark.
Baillères het laas jaar kapsie gemaak teen die voorwaardes wat die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) vir die verkoop van die plaas gestel het.
Die hoofvoorwaarde vir die verkoopproses was dat geen werknemer vir 'n tydperk van vyf jaar afgelê kan word as gevolg van die transaksie nie.
Die plaas is 65 000 hektaar groot.
Die Staatskoerant het ook beslis sulke afleggings sluit nie vrywillige skeidingspakkette, bedankings, vrywillige vroeë aftredes en afleggings om spesifieke redes in nie.
'n Amptenaar van die ministerie sê Tweya sal eers lede van die publiek moet raadpleeg voor hy 'n finale besluit oor die beoogde verkoop van Erindi aan Baillères kan neem.
“Die minister moet 'n twee weke lange openbare beraadslagingsproses in die Staatskoerant lei,” het die amptenaar gesê.
“Hy het reeds 'n besluit geneem, maar dit is nog by die kontrakopstellers.”
Me. Dina Gowases, NaCC-woordvoerder, het gesê die kommissie het reeds 'n besluit oor die kwessie geneem, en verdere werk aan die transaksie rus nou op die handelsministerie se skouers.
“Die kommissie se beslissing oor die Erindi-transaksie is deur die koper uitgedaag, wat formeel appèl aangeteken het by die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling. Ons beslissing is in die Staatskoerant gepubliseer. Die minister se besluit kan deur die toepaslike kantoor bevestig word,” het Gowases gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie