Erongo hoor nou-nou
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob (Foto Staatshuis) maak na verwagting om 16:00 ’n aankondiging oor die Erongostreek in die lig van die voortslepende Covid-19-pandemie.
Die inperking van Walvisbaai sou vandag ten einde geloop het, het dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, laat verlede week by navraag bevestig.
Dié munisipale area is die afgelope anderhalfweek weens drie nuwe bevestigde gevalle van Covid-19 gehok, en sou moontlik teen middernag Donderdag by die res van die land in fase 3 aansluit.
Kragtens fase 1 se noodtoestandregulasies wat in die hawedorp heers, mag mense net Walvisbaai binnegaan of verlaat met ’n permit deur ’n gemagtigde beampte.
Shangula het Saterdag die vierde nuwe geval van Covid-19 in Walvisbaai aangekondig.
[email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie