Erongodorpe se sake loop glo skeef
In die verslagjaar van die Teenkorrupsie Kommissie is 42 nuwe sake in die Erongostreek ondersoek met 19 wat afgehandel is.
Des Erasmus
Inwonersverset het op twee dorpe in die Erongostreek teen munisipaliteite ingetree terwyl die onmin verder gestook word deur onthullings op die jaarlikse verslagvergadering van die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) op Swakopmund.
In die stadium is juis Swakopmund die enigste dorp in die streek waarna nie 'n vinger in die verslag gewys word nie.
Op Usakos is Vrydag teen die dorpsraad betoog en op Omaruru besin die Inwonersvereniging oor optrede teen die plaaslike owerheid. Die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua, het op Swakopmund aan Republikein gesê hy is bewus van die ontevredenheid op Omaruru en hy sal dié dorp waarskynlik binne dae besoek.
Dit is bekend dat die Inwonersvereniging van Omaruru 'n reeks vrae oor dorpsake aan die goewerneur gestuur het. Ontvangs daarvan is reeds deur die goewerneurskantoor erken. In die ondersoeke na die dorpsake val die soeklig hoofsaaklik op grondtransaksies deur die plaaslike owerhede, maar word ook wyer gevat met ondersoeke na moontlike omkopery op vele ander vlakke.
Ingrypend op die vrystelling van die ACC-jaarverslag was 'n moontlikheid wat deur die hoofondersoekbeampte, mnr. Walter Kurz, genoem is van 'n hof net vir die verhoor van sake van die kommissie om lange vertragings uit te skakel. In die verslagjaar is 42 nuwe sake in die Erongostreek ondersoek met 19 wat afgehandel is.
Een van die sake wat op Walvisbaai ondersoek word, handel oor die ampsmotor van die burgemeester, in die besonder die lig- en sonwering van die vensters. Nog 'n Walvisbaai-aangeleentheid handel oor 'n klipgroef en 'n derde oor die verkoop van nywerheidserwe. Besonderhede is nie verstrek nie, omdat die ondersoeke nog aan die gang is.
Die soeklig val ook op die nuwe munisipale kantoorkompleks wat aan die oostelike buitewyke van Usakos gebou word. Die werk moes al tien maande gelede voltooi wees, maar steeds is dit nie klaar nie. Die ondersoek wentel blykbaar spesifiek oor die wyse waarop die tender vir die kompleks toegeken is.
Beweringe oor Omaruru is dat 75 erwe aan 'n enkele instansie toegeken is. Die wyse word ondersoek waarop 'n sekere lap grond vir 'n kamppeergebied op Hentiesbaai goedgekeur is en na beweerde vergrype teen die Kolin-stigting met 'n skool op Arandis word ook opgetree. Ander sake behels die onderverhuring van staatseiendom, vervalste dokumente soos vereis vir burgerskap en beweerde omkopery om vervolging vry te spring. In van die gevalle word vergeefs gesoek na dokumentasie wat sekere werke regverdig het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie