Eros weer oop vir vlugte
Augetto Graig – Sake by die Eros-lughawe kon Sondag soos normaal voortgaan nadat‘n tekort aan brandstof Air Namibia genoop het om sy plaaslike vlugte Vrydag en Saterdag na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te laat uitwyk.
Die probleem het ontstaan toe ‘n brandstofhervullingsvragmotor weens veiligheidsredes nie diens kon lewer nie. Altesaam 29 vlugte is ontwrig, aldus me. Nankelo Katjiuongua, woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC).
In ‘n verklaring wat Vrydag deur mnr. Paul Nakawa, kommunikasiehoof van Air Namibia, uitgereik is, het Puma Energy Namibia die lugredery ingelig dat sy toerusting buite werking was.
"Ons verwag vertragings van tot een uur met vlugte wat gewoonlik van Eros af vertrek. Bedryfskoste sal hoofsaaklik weens die padvervoer van ons passasiers toeneem," het Nakawa toe gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie