Eskom se resultate niu00e9 gister uitgereik
Eskom se resultate niu00e9 gister uitgereik

Eskom se resultate nié gister uitgereik

Die uitreiking van Eskom se resultate vir die boekjaar tot einde Maart is onbepaald uitgestel. Dit sou gister plaasgevind het.
Nellie Brand-Jonker - Eskom se ouditeure ondervind probleme met die resultate vir die boekjaar wat by die onafhanklike reguleringsraad vir ouditeure (Irba) aangemeld is.

Die maatskappy se eksterne ouditeurs, SizweNtsalubaGobodo, het twee onreëlmatighede by Irba aangemeld, aldus 'n verklaring wat Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe, Maandag uitgereik het.

Bloomberg berig dit handel oor kwessies aangaande Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof, en Matshela Koko, wat daarna waarnemend was.

Molefe het in November óf bedank óf vroeg probeer aftree terwyl Koko 'n paar maande lank in sy pos waargeneem het voordat Molefe op omstrede wyse heraangestel en afgedank is.

Molefe is in die arbeids- en die hooggeregshof in 'n regstryd met Eskom gewikkel oor albei kwessies: of hy inderdaad bedank het of vroeg probeer aftree het, asook oor sy heraanstelling en afdanking.

Koko is op spesiale verlof hangende 'n ondersoek na belangebotsings oor sy stiefdogter se belange by 'n maat­skappy wat met Eskom sake gedoen het.

Dit is een van die onreëlmatighede wat die maatskappy se eksterne ouditeurs, SizweNtsalubaGobodo, aan Irba gerapporteer het.

Bloomberg berig Eskom se verhouding met Impulse International, wat kontrakte van die kragverskaffer ontvang het terwyl Koko se stiefdogter 'n nie-uitvoerende direkteur was, is ook uitgewys. Verder is daar 'n tweede onreëlmatigheid wat verband hou met Molefe se heraanstelling as uitvoerende hoof in Mei. Hy is drie weke later uit sy pos verwyder.

Eskom het nou 30 dae om aan Irba terug te rapporteer of die kwessies opgelos is al dan nie. Die “aanmeldbare onreëlmatighede” is deur die ouditeursgroep as voortslepend bestempel, het Irba in 'n e-pos geantwoord. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!