Etosha brand wu00e9u00e9r
Etosha brand wu00e9u00e9r

Etosha brand wéér

Jo-Mare Duddy Booysen
‘n Veldbrand woed sedert gister aan die westekant van die Etosha Nasionale Park, het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme aan Namibia Media Holdings (NMH) bevestig.
Volgens die ministerie het die brand op buurplase uitgebreek en na die park versprei.
Personeel van die ministerie monitor die situasie.
Minister Pohamba Shifeta het onlangs in die parlement gesê die benadering tot woud- en vuurbestuur wat in die Etosha Nasionale Park toegepas word, word as 'n sukses beskou.
“Vanjaar het na raming 487 732 hektaar (22% van die park) afgebrand, wat 'n verbetering is op 2009, toe dit 60% was.
“Die aanvaarde hoeveelheid hektaar wat jaarliks moet afbrand, is sowat 20% tot 30% van die park,” het hy gesê. Volgens die minister sê sedert die mosaïek-patroon met die bestuur van brande in die park gebruik word, het geen wilde diere in die brande gevrek nie.
Die minister sê die gereeldheid, intensiteit en uitgebreidheid van veldbrande het in die afgelope jaar verhoog as gevolg van die goeie reën wat tydens die afgelope seisoen ontvang is, wat die groei van meer plantmateriaal meegebring het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!