Etosha se brand geblus
Tanja Bause – Die veldbrand wat sedert Maandag in Etosha gewoed het, is eindelik gister onder beheer gekry. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het personeel van die ministerie gister die brand aan die westekant van die park by Okaukuejo onder beheer gekry.
“Dit was die derde brand in Etosha vanjaar,” het hy gesê.
Die vorige groot brande was beide verlede maand, toe dit aan die suidelike grens en die oostelike gedeelte van die park gebrand het.
“Ongeveer 300 000 hektaar is tydens die September-brand verwoes. Geen wildlewe is beseer of het omgekom nie,” sê hy.
Volgens hom kon hulle nog nie vasstel of enige diere in die derde brand beseer is nie, omdat hulle eers die brand onder beheer moes kry.
Volgens mnr. Jakes de Jager, ’n besoeker aan die park, het hy die rook reeds Dinsdag gesien toe hy in Etosha aangekom het.
“Woensdagaand kon ons die brand sien en het ons harde klapgeluide gehoor soos die mopaniebome van die vuur se hitte ontplof het,” het hy gesê.
FOTO’s
Die brand wat sedert Maandag in Etosha woed is onder beheer. Foto MEFT
Die foto is Woensdag van die Okaukuejo watergat geneem met die veldbrand in die agtergrond. Foto Jakes de Jager

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie