EU gee groot vir omgewing
Die Europese Unie ondersteun Namibië met klimaatverandering en herwinbare energie.
Die totale begroting van die Europese Unie (EU) in Namibië vir aanpassing by klimaatverandering oor die volgende vier jaar beloop 7,1 miljoen euro (sowat N$105,9 miljoen).
Programme vir klimaatverandering in die veld van herwinbare energie sal vanaf 2017 deur die EU ondersteun word. Die EU het reeds 5,7% (2,71 miljard euro) vir die omgewing - wat klimaatverandering en volhoubare water en energie insluit - vir die totale finansiering vir ontwikkeling van meer as 49,7 miljard euro (sowat N$740 miljard) oor die tydperk van 2007 tot 2013 bewillig. Dit word deur die direkteur-generaal vir internasionale samewerking en ontwikkeling bestuur.
Die EU ondersteun ontwikkeling wat geanker is in die behoefte om die omgewing en ekostelsels vir die welstand van die gemeenskappe te beskerm.
“Gesonde en goed bestuurde ekostelsels voorsien toestande vir groen groei, werksgeleenthede en ''n beter kwaliteit lewe,” lui die verklaring.
Die EU het meer as €286 263 (sowat N$4,3 mijoen) vir ''n projek wat deur die Namibwoestyn Omgewingsonderrig-trust (NaDEET) in die NamibRand Natuurreservaat georganiseer is, aan die gemeenskappe van Rietoog, Uibes en Gochas in die Hardapstreek geskenk.
Die projek se doelwit is om dié gemeenskappe te wys hoe ''n volhoubare lewenstyl hul lewensbestaan kan verbeter. NaDEET het na drie skole op Rietoog, Uibes en Gochas uitgereik en hulle aan ''n omgewingsonderrigprogram tydens ''n driejaarprojek blootgestel.
Leerlinge, onderwysers, ouers en die breër gemeenskap is uitgedaag om hul interaksie met hul natuurlike omgewing te herevalueer. Hulle is met omgewingskennis toegerus om die skakel tussen hul aksies en die impak op die omgewing beter te verstaan.
Elke gemeenskap het omgewingsleermateriaal ontvang, soos weerstasies, volhoubare speelgronde en herwinnigsareas. Elke skool is ook met toerusting soos son-oonde, sonkragligte en brandstofdoeltreffende stowe toegerus. Nuwe groentetuine is by twee skole gevestig en die derde skool is met ''n sonkookkombuis toegerus. Voorts is meer as 200 bome in al drie die gemeenskappe geplant.
“Die doelwit van die projek is bereik met 53% vroue wat aan die program deelgeneem het en 67% van die toerusting is aan vroue gegee,” lui ''n mediaverklaring van die EU. Die program is ook op sosiale media en radiostasies met ander Namibiërs gedeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie