EU sal uitstel gee vir Brexit
EU sal uitstel gee vir Brexit

EU sal uitstel gee vir Brexit

Francoise Steynberg
Die Europese Unie sal aan Theresa May, die Britse premier, uitstel gee vir wanneer Brexit moet geskied, maar die voorwaardes daaraan verbonde is nog onbekend.

May het Dinsdag inderhaas samesprekings met haar Duitse en Franse ampsgenote gevoer om te verhinder dat Brexit eerskomende Vrydag, 12 April, geskied.

Frankryk sal na verwagting probeer om Brittanje se vermoë om die EU te ondermyn, te probeer beperk.

May het Dinsdag eers met Angela Merkel, Duitse kanselier, in Berlyn samesprekinge gevoer, en later die dag met pres. Emmanuel Macron van Frankryk in die Elyseépaleis in Parys, Frankryk.

May het die EU versoek om die datum waarop Brittanje uit die EU gaan tree, uit te stel tot 30 Junie.

In ’n konsepvoorstel wat Woensdag in Brussel bespreek sal word, word die datum waarop Brexit moet geskied uitgestel, maar die sperdatum is nie ingevul nie.

Al 27 lidlande van die EU moet instem om die datum van Brexit uit te stel. May het Dinsdag steun vir haar Brexitplanne by Merkel en Macron – twee van Europa se sterkste leiers – gaan soek.

Die Britse laerhuis het Dinsdag ook May se plan om Brexit tot 30 Junie uit te stel, met ’n oorweldigende meerderheid van 420 stemme teen 110 stemme aanvaar. - Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!