Europa wil nouer met Afrika saamwerk
Europa wil nouer met Afrika saamwerk

Europa wil nouer met Afrika saamwerk

Dani Booysen
Vandag is Europadag.
In ‘n nuusvrystelling sê die Europese Unie (EU) se kantoor in Windhoek “ons is saam sterker” – midde al Covid-19 se reuse-uitdagings.
Die hele wêreld moet volgens die EU kragte teen die pandemie se gesondheids- en ekonomiese gevolge snoer. “Nou is die tyd vir internasionale solidariteit en leierskap; nie isolasie nie,” lui die verklaring. Die EU pleit vir deursigtigheid en feite.
Europa se vennootskap met Afrika moet tot ‘n nuwe vlak gevoer word, sê die boodskap, uitgereik deur me. Susan-Marie Lewis. Die prioriteite moet werkskepping, digitale innovering en omgewingsbewaring insluit, sê die EU. Die verhouding met Afrika sal volgens die EU ‘n belangrike deel wees van later vanjaar se EU-beraad.
Die EU het onlangs N$172 miljoen geskenk vir Namibië se reaksie op Covid-19.
Dit is vandag 70 jaar sedert Robert Schuman, destydse minister van buitelandse sake van Frankryk, in 1950 ‘n nuwe vorm van samewerking in Europa voorgestel het wat oorloë sou voorkom. Die EU het 28 jaar gelede, in 1992 tot stand gekom.
Volgens die EU staan sy waardes en doelwitte ferm om ‘n beter toekoms vir almal te help skep gegrond op die beginsels van volhoubare ontwikkeling, menseregte, demokrasie, insluiting en gelyke geleenthede vir almal.
Foto: Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!