Europadag gister gevier
Europadag gister gevier

Europadag gister gevier

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Europadag word jaarliks op 9 Mei gevier. Dié dag is ook gister in Namibië by die Nasionale Kuns­galery in die hoofstad herdenk.
“Europa staar baie krisisse in die gesig soos plaaslike terrorisme, die grootste migrasie van mense sedert die Tweede Wêreldoorlog, en soewereine skuld tussen ons,” het die Europese Unie (EU) se ambassadeur in Namibië, me. Jana Hybaskova,­ gister gesê.
“Die verandering in Europa het ná die aanvalle in Brussel op die oggend van 22 Maart duideliker geword toe die hart van die Europese Unie aangeval­ is.”
Hybaskova het gesê ondanks dít, bly die Europese Unie steeds die mees suksesvolle voorbeeld van vrede in die wêreld.
“Ons kon bang of pessimisties gewees het, maar ons oplossing was om saam in durf en krag te reageer en dié uitdagings te takel,” het Hybaskova gesê.
Die EU en Namibië vier ook 25 jaar van vreedsame betrekkinge en vennootskap met die fokus tot 2020 op onderwys en vaardighede-ontwikkeling, asook landbou en landelike ontwikkeling.
“Deur hierdie sektore te ondersteun, hoop ons om meer werksgeleenthede te skep om te help om armoede op ’n volhoubare manier te verminder. Ons hoofdoel is om volhoubare groei en stabiliteit in Namibië te ondersteun,” het die EU-ambassadeur gesê.
Wat handelsbande betref, gaan die ekonomiese vennootskapsooreenkoms (EPA) vanjaar onderteken en bekragtig word.
“Namibië gaan ook die 31ste Sessie van Gesamentlike Parlemente (JPA) in Windhoek vanaf 13 tot 15 Junie aanbied,” het Hybaskova gesê.
Sy het ook vir pres. Hage Geingob, die regering en sy Harambee-plan geprys en ’n glasie met die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Peya Mushelenga,­ geklink.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!