Europese Unie bly Namibië se goeie vriend
Die noue vriendskapsbande tussen die Europese Unie en Namibië is op Europadag herbevestig.
Europadag is Woensdag ook in Namibië gevier.
Op hierdie dag herdenk die Europese Unie vrede en eenheid.
Die geleentheid herdenk die geskiedkundige Schuman-verklaring wat op dié datum in 1950 deur die destydse Franse minister van buitelandse sake, Robert Schuman, voorgelê is.
Tydens 'n toespraak in Parys het Schuman met die gedagte van 'n nuwe vorm van politieke samewerking in Europa vorendag gekom wat die moontlikheid van oorlog tussen Europese lande sou uitskakel.
Hy het ook voorgestel 'n steenkool- en staalgemeenskap word gestig om ekonomiese belange te verenig.
Dit sou volgens hom help om lewenstandaarde te verbeter en om 'n meer verenigde Europa daar te stel.
Die Europese Staal- en Steenkoolgemeenskap, wat ná Schuman se toespraak tot stand gekom het, het uiteindelik in die hedendaagse Europese Unie ontwikkel.
Die oorspronklike ses lede, Frankryk, Wes-Duitsland, Italië, Nederland, België en Luxemburg, het uitgebrei na 28 lande wat vandag lid van die EU is.
Vanjaar herdenk die EU ook die Europese jaar van kulturele erfenis met die doel om meer mense aan te moedig om Europa se kulturele erfenis te ontdek. Kulturele erfenis is volgens die EU belangrik, aangesien dit bydra tot die vorming van mense se identiteit en hul alledaagse lewens.
In hierdie verband is die EU aktief in die ondersteuning van die ontwikkeling en bewaring van Namibië se kulturele erfenis deur projekte soos onder meer museumontwikkeling as instrument om kulturele regte in Namibië te bevorder. Hierdie projek is ontwerp om musiek en ander kulturele erfgoed in Namibië te bewaar en word deur die Museumvereniging van Namibië geïmplementeer.
Hierbenewens ondersteun die EU 'n inheemse taalnavorsingsprojek.
Die departement van kommunikasie by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het onlangs N$3,5 miljoen vir dié projek ontvang.
Die doel van hierdie inisiatief is om inheemse tale te laat gedy en kultuur te bewaar. Dit fokus op die Oshiwambo-, Otjiherero- en Khoekhoe-tale.
Die eerste Europese musiekfees wat deur die EU en lidlande van die EU ondersteun word, sal op 26 Mei in die Warehouse-teater in Windhoek aangebied word.
Franse, Duitse en Spaanse kunstenaars sal by die geleentheid optree.
Wat betrekkinge tussen die EU en Afrika betref, was 2017 'n belangrike jaar. Die vyfde EU-Afrika-spitsberaad is op 28 en 29 November 2017 in Abidjan in Ivoorkus aangebied.
By die geleentheid is ooreengekom dat die gemeenskaplike prioriteite vir die EU-Afrika-vennootskap ekonomiese geleenthede vir die jeug, vrede en stabiliteit, mobiliteit en migrasie, en samewerking wat staatsbestuur betref, sal wees.
Grootste bondgenoot
“Die EU bly Afrika se grootste bondgenoot en naaste buurman, die grootste belegger, handelsvennoot en voorsiener van ontwikkelingshulp en humanitêre bystand, asook die grootste bydraer in die strewe na vrede en veiligheid,” het die president van die Europese Raad, Donald Tusk, by die geleentheid gesê.
Nog 'n belangrike geleentheid wat vanjaar aanbreek, is die aanvang van die post-Cotonou-onderhandelinge in Augustus. Die bestaande Cotonou-ooreenkoms loop in Februarie 2020 ten einde.
Die EU-kommissie stel voor die toekomstige vennootskap bou voort op die samewerking wat reeds bestaan, maar met 'n benadering wat aangepas is om by streke se behoeftes te pas.
Wat samewerking met Namibië betref, is die fokusareas die ontwikkeling van lewende hawe in die noordelike kommunale gebiede.
In die middel van verlede jaar het die EU en die Namibiese regering deur die ministerie van landbou, water en bosbou 'n ondersteuningsprogram vir lewende hawe in Opuwo van stapel gestuur. Van die verwagte voordele is die verbetering van die hele waardeketting, van lewendehaweproduksie tot die verwerking van vleis- en ander diereprodukte. Deur die gehalte van diere en diereprodukte te verbeter, sal noordelike kommunale boere die geleentheid kry om hul diere en diereprodukte aan plaaslike, nasionale en internasionale markte te lewer.Die EU het 'n bedrag van €20 miljoen oor 'n tydperk van ses jaar hiervoor bewillig.
Die EU ondersteun ook die onderwyssektor ten bedrae van €28 miljoen en fokus veral op vroeë kinderontwikkeling en preprimêre onderwys in Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie