Eyambeko-toernooi die naweek gehou
Eyambeko-toernooi die naweek gehou

Eyambeko-toernooi die naweek gehou

Yochanaan Coetzee
Die eerste jaarlikse Eyambeko-sporttoernooi vind vanaf 1 tot 3 Desember by die Etoshapoort-stadion op Outjo plaas met die doel om sokker, vlugbal, netbal, rugby en semi-professionele boks te bevorder en ontwikkel.

Raadslid Johannes Antsino van die Outjo-kiesafdeling het die toernooi vroeër in November in die teenwoordigheid van die president van die Namibiese Boksfederasie, Benjamin Rebang, bekend gestel.

Rebang het gesê 21 gevegte met 37 semi-professionele boksers van die streke Ohangwena, Omusati, Kunene, Khomas, Erongo, Otjozondjupa, Kavango-Wes en Oshana sal deur die loop van die toernooi plaasvind.

“Dankie dat julle hierdie geleentheid reël wat ons help om boks te bevorder,” het Rebang aan die Eyambeko-konstruksiemaatskappy gesê wat die toernooi met N$150 000 borg. “Ek moedig ander maatskappye aan om ook so te maak.”

Olimpiese boksers Jonas Junius en Mathias Hamunyela is onder dié wat na verwagting gaan deelneem.

Die weermag en polisie se sokkerspanne asook dié van Outjo en Grootfontein se munisipaliteit neem ook aan die toernooi deel. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!