Familie sterf ná weerlig huis tref
Die Namibiese polisie ondersoek verskeie onnatuurlike sterftes.
Francoise Steynberg - 'n Familie van vyf het Vrydag tragies by die Mazwangenda-nedersetting in die Chinchimani-gebied naby Katima Mulilo in die Zambezistreek gesterf toe hul grasdakhuis tydens ’n reënbui as gevolg van weerlig aan die brand geslaan het.
Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se misdaadverslag is die pa, die ma en drie kinders se liggame in die afgebrande huis gevind.
Die oorledenes is geïdentifiseer as mnr. Diveve Deveve Mateus (45), me. Pelekelo Diveve (37) en hul drie kinders Timeline (5), Maria (3) en Kadoli Diveve (9).
"Geen gemene spel word vermoed nie en die polisieondersoek duur voort," lui die verslag.
In 'n ander tragiese voorval is Muapumbuatji Tjirunga (4) Sondag omstreeks 15:00 op die plaas Dornputz in die Outjo-distrik oorlede toe 'n staalstruktuur op sy kop geval het.
Hy en sy maatjies het glo ten tyde van die voorval om die staalstruktuur gespeel. Hy het op die toneel gesterf en sy naasbestaandes is van sy dood ingelig.
In Sewende Laan, Otjomuise in die hoofstad het nóg 'n tragiese voorval Saterdag omstreeks 23:50 plaasgevind toe mnr. Basson Willem (47) sy 48-jarige vriendin glo met sy rewolwer geskiet het en homself daarna om die lewe gebring het.
"Ná hy sy vriendin geskiet het, het hy na sy huis gegaan en homself doodgeskiet. Die beseerde vriendin is in die Katutura-staatshospitaal opgeneem. Die motief vir die voorval is nie bekend nie," sê die polisie.
In die Okapumbu-nedersetting naby Ogongo het 'n baba van ’n maand en drie dae oud Saterdag onnatuurlik gesterf.
"Die ma, wat saam met haar baba op die bed geslaap het, het na bewering omstreeks 06:00 wakker geword en gesien haar baba is dood," lui die verslag.
Geen gemene spel word vermoed nie en 'n nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die baba se dood bepaal.
TWEE LIGGAME GEVIND
Die menslike oorskot van 'n 94-jarige man wat sedert 3 Desember 2016 as vermis aangemeld is, is in die Rehoboth-distrik gevind.
Volgens die polisie is die liggaam sowat 5 km van die huis op die plaas Grundoringflashe af deur 'n boer gevind wat na sy beeste gesoek het.
"Die polisie is ontbied en die oorledene is uitgeken aan die klere wat hy gedra het toe hy as vermis aangemeld is," sê die polisie. Die polisieondersoek duur voort.
Op Ovitoto het drie seuns (twee 12-jariges en ’n 11-jarige) Saterdag tussen 17:00 en 18:00 die ontbinde liggaam van 'n 41-jarige man in 'n sinkhuis gevind toe hulle beeste opgepas het. Die oorsaak van die man se dood sal ondersoek word en sy naasbestaandes is nog nie van sy dood ingelig nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie