Fed in wegspringblok vir hoër rentekoers
Gegewe al die onsekerhede, sê Janet Yellen beleidmakers sal aanpasbaar moet bly en reg moet staan om hul aannames oor rentekoerse te verander.
Janet Yellen, voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed) in die VSA, sê die beste beleid te midde van onsekerheid oor inflasie is om rentekoerse geleidelik te verhoog.
Die standpunt steun die bank se vooruitsig dat hy vanjaar die rentekoers in dié land weer gaan verhoog.
Dit kan slegte nuus vir Suid-Afrikaners inhou wat hoop die Reserwebank sal die plaaslike rentekoers gou verlaag, aangesien hoër Amerikaanse rentekoerse geld landuit kan laat vloei. Dit kan die rand verder laat verswak.
“Dit sal onverstandig wees om monetêre beleid terug te hou totdat inflasie weer die 2%-vlak bereik,” het sy Dinsdag in Cleveland, in die Amerikaanse deelstaat Ohio, gesê.
Sy het egter gewaarsku die Fed “moet versigtig wees om nie té geleidelik te beweeg nie”.
Bankiers hou ’n oog op die mikpunt om inflasie van 2% te handhaaf, maar het dit die afgelope vyf jaar grootliks misgeloop.
Die Fed se kwartaallikse vooruitsig wys die meeste lede voorspel die rentekoers sal ten minste nog een keer vanjaar en drie keer in 2018 verhoog word.
Michael Hanson, hoofstrateeg by TD Securities in New York, sê beleggers in skuldmarkte grond hul pryse op die aanname dat die rentekoers verhoog gaan word.
Beleggers meen daar is nou ongeveer 70%-kans dat die Fed rentekoerse in Desember gaan verhoog.
Onsekerheid
“Yellen klink vasberade om by haar standpunt te hou dat veranderinge in inflasie ‘idiosinkraties’ en ‘tussentyds’ is. Sy is bereid om – al is dit met oorleg – alternatiewe verduidelikings te gee,” sê Carl Riccadonna, hoof ekonoom vir die VSA van Bloomberg Intelligence.
“Risikofaktore wat finansiële stabiliteit kan beïnvloed, is duidelik ’n groot faktor.”
Yellen sê daar is drie areas van onsekerheid wat betref inflasie in die wêreld se grootste ekonomie.
“Ek en my kollegas kon die krag van die arbeidsmark onderskat het, die mate waarin inflasieverwagtinge op langer termyn ooreenstem met ons inflasiedoelwit, of selfs die fundamentele magte wat inflasie aandryf,” sê sy.
Gegewe al die onsekerhede, sê Yellen beleidmakers sal aanpasbaar moet bly en reg moet staan om hul aannames oor rentekoerse te verander. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie