Fed kan rentekoerse vanjaar 4 keer verhoog
Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed), het ontleders Dinsdag na hul dagboeke laat gryp om 'n moontlike vierde rentekoersverhoging vir 2018 in die VSA aan te teken.
Powell het Dinsdag aan die Amerikaanse huis van verteenwoordigers gesê hy sal keer dat dié land se ekonomie te vinnig groei, en dat hy rentekoerse steeds geleidelik sal verhoog.
Hy het voor dié huis se finansiëledienstekomitee getuig.
Dit is die eerste keer dat hy in sy hoedanigheid as voorsitter van die Fed kommentaar oor rentekoerse lewer.
Daar was voorheen sprake dat die Fed rentekoerse vanjaar drie keer gaan verhoog. Ontleders sê egter dit lyk asof daar nou 'n kans vir 'n vierde verhoging is.
Powell sê die Fed is “in die proses om uit te vind” hoe laag werkloosheid kan daal voordat inflasie styg.
Werkloosheid in die VSA is op 4,1% die laagste in 17 jaar.
“Die [Federale Oopmarkkomitee] sal aanhou om 'n balans te handhaaf om te keer dat die ekonomie oorverhit en om prysinflasie tot 2% op 'n volhoubare wyse teweeg te bring,” sê Powell.
Powell se getuienis was die eerste aanduiding van sy kant af as die hoof van die Fed dat die Trump-regering se groot belastinghervorming-en-bestedingsplan geen beduidende veranderings in die Fed-beleid sal veroorsaak nie.
“Geleidelik” is die sleutelwoord wat die bank gebruik sedert Powell se voorganger, Janet Yellen, rentekoerse in 2015 begin verhoog het.
Die Fed gaan rentekoerse na verwagting die eerste keer in 2018 verhoog wanneer hy sy volgende beleidsvergadering in Maart hou. – Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie