Fifa vat hande vir Afrika-vroue
'n Groot aantal sokkersterre van Afrika het hul gewig agter die #SafeHome-projek ingegooi.
Die Federasie vir Internasionale Sokkerverenigings (Fifa) het die hulp van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) ingeroep om saam met die Afrika-unie (AU) en die Konfederasie vir Afrika-sokker (CAF) huishoudelike geweld op dié kontinent met sy #SafeHome-projek te pak.
Bykans een uit drie vroue wêreldwyd word in 'n stadium in hul lewens deur 'n lewensmaat aangerand of verkrag. In vele gevalle word die oortreding tuis deur 'n maat gepleeg. Tot 38 persent van die moorde op vroue word deur hul mans of lewensmaats gepleeg.
'n Geskatte een miljard kinders tussen twee en 17 jaar (bykans die helfte van die wêreld se kinders) is die afgelope jaar hetsy emosioneel, fisiek of seksueel gemolesteer.
Die projek is daarop gemik om vroue en kinders by te staan wat reeds die trauma moes beleef en om verdere geweld hok te slaan. Gedurende die Covid-19-grendelstatus was meer mense gedwing om tuis te bly en was dus meer aan moontlike geweld blootgestel.
'n Aantal sokkersterre van Afrika soos Abel Xavier, Emmanuel Amuneke, Sarah Essam, Khalilou Fadiga, Geremi, Rabah Madjer, Lúcia Moçambique, Asisat Oshoala en Clémentine Touré het hul gewig agter die #SafeHome-projek ingegooi.
Die AU-CAF-Fifa-memorandum is in Februarie vanjaar afgehandel. Dié dokument bespreek gesamentlike aksie om geslagsgelykheid deur sokker te bevorder. Opvoeding, integriteit asook sekuriteit en veiligheid by sokkerwedstryde kom ook onder die loep.
Mnr. Gianni Infantino, Fifa-president, sê dit is die beheerliggaam se plig om die gewildheid van sokker in Afrika tot voordeel te gebruik.
“Ek is bly dat ons die veldtog teen geweld tuis kan loods. Tydens internasionale inperkings was gesinne verplig om tuis te bly en dit het die risiko vir huishoudelike gewel. Net soos daar geen ruimte vir geweld in sokker is nie, is daar nie plek vir huishoudelike geweld nie!” het die sokkerbaas gesê.
Me. Amira El Fadil, kommissaris vir maatskaplike aangeleenthede by die AU, sê die AU is vasbeslote om meisies en vroue by te staan.
“Die AU is daartoe verbind om ons vroue en meisies te beskerm. Ons staan saam met die CAF-Fifa-WHO-inisiatief om misbruik en huishoudelike geweld teen vroue en kinders te bekamp.
“Daar is te veel onderliggende en aanvaarbare sosiale normes en skadelike gebruike wat geslagsgebaseerde geweld en ongelykheid bevorder. Gemeenskappe moet daarvan bewus gemaak en bemagtig word om hulself te beskerm,” het El Fadil verduidelik.
Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WHO, sê menseregte is deel van huishoudelike geweld.
“Geweld teen vroue is 'n geweldige groot risiko vir vroue en hul kinders wie se emosionele en fisiese welstand daaronder ly. Dit moet nou stop, want dit is ook 'n growwe skending van menseregte.
“Die WHO is trots om sy gewig agter Fifa, die AU en CAF in te gooi om hierdie uiters belangrike veldtog regoor Afrika van stapel te stuur waar die kollig ferm op huishoudelike geweld geplaas word.
“Ons wil 'n tuiste help skep waar vroue veilig, vry van diskriminasie en geweld kan lewe,” het hy gesê.
Mnr. Ahmad Ahmad, CAF se president, sê elke individu het die reg om veilig in hul eie huise te voel.
“Of dit nou tuis of op die sokkerveld is, almal is geregtig op respek en veiligheid. Fisieke of emosionele geweld moet ten sterkste veroordeel word – veral teenoor vroue en kinders.
“Moenie bang wees om vir hulp te vra wanneer jy die slagoffer van geweld tuis is nie. As jy 'n getuie van geweld is, tree tussenbeide of kry hulp, maar moenie stilbly nie! Om stil te bly, is 'n ewe groot misdaad en maak jou 'n medepligtige,” het Ahmad beklemtoon.
Fifa het sy lidlande versoek om nasionale en plaaslike hulplyne asook ondersteuningsdienste beskikbaar te stel sodat vroue wat bedreig voel of 'n slagoffer van geweld is, vir hulp kan vra.
OORSAKE VAN GEWELD
Wat is die oorsaak van huishoudelike geweld? Geslagsongelykheid is een van die faktore, asook tradisionele aanvaarde gebruike wat mans laat glo geweld is toelaatbaar.
Kinders wat gemolesteer is of aan geweld blootgestel was, sal ook geneig wees om later tot huishoudelike geweld oor te gaan.
In huishoudings waar 'n patroon van aanranding, dreigemente, vernedering en intimidasie aan die orde van die dag is om hul slagoffers te straf of bang te maak, kan ook 'n aansienlike bydrae lewer.
Die misbruik van drank in stresvolle omstandighede is meer as dikwels die oorsprong van geweld teen onskuldige weerlose vroue en kinders.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie