Fishrot-borgsaak: Hof moet almal se regte beskerm
Beskuldigdes kan volgens 'n belangrike uitspraak deur die hoërhof nie 'n onbepaalde tyd in aanhouding deurbring bloot omdat die staat en publiek weens die erns van die klagte teen borgtog gekant is nie.
Openbare belang en die belang van geregtigheid is die enigste gronde waarop die hof borgtog kan weier, sê regter Herman Oosthuizen in die redes wat hy Dinsdag gegee het vir sy besluit om mnr. Ricardo Gustavo, een van die beskuldigdes in die sogenaamde Fishrot-saak, onder streng voorwaardes sy vryheid te gun.
Om geregtigheid te laat geskied, is in openbare belang, sê die uitspraak.
Regter Oosthuizen skat dat die verhoor self, met sowat 300 getuies, twee tot vier jaar kan neem om af te handel.
Eerder as hom deur openbare kritiek te laat lei, moet die hof volgens Oosthuizen altyd grondwetlike waardes en regte nougeset beskerm. Die reg op borgtog, onskuld tot die teendeel bewys is en die geleentheid om 'n behoorlike verdediging voor te berei, is deel van hierdie waardes.
Geregtigheid vir almal is 'n sleutelbeginsel in die Namibiese demokrasie, benadruk Oosthuizen.
“Menings in die sosiale media, openbare vergaderings en openbare betogings is nie 'n barometer van openbare belang wat 'n hof moet oorweeg nie,” sê hy.
Hierdie uitdrukkings van ontevredenheid moet deur wetgewers en die uitvoerende gesag in ag geneem word wanneer wetgewing en beleid opgestel word, voeg die regter by.
Streng voorwaardes vir borgtog, soos die lang lys voorskrifte waaraan Gustavo moet voldoen, dien volgens die uitspraak nie net openbare belang nie, maar ook geregtigheid en die Grondwet.
Hierdie kwessies weeg volgens die regter swaarder as die erns van beweerde oortredings, die omvang van moontlike strawwe en in die geval van die Fishrot-skandaal beweerde sabotasie van die nasionale ekonomie.
Die staat spaar volgens Oosthuizen boonop geld indien borgtog toegestaan word, terwyl 'n beskuldigde dan ook na sy familie en kinders kan omsien.
Gustavo se borgtog lys 16 verskillende voorwaardes, waaronder die aansienlike beperking van vrye beweging.
Borgtog is vroeër in die landdroshof van die hand gewys, maar volgens Oosthuizen is nuwe aspekte voor die hoërhof aangeroer, byvoorbeeld inligting dat die ondersoek reeds afgehandel is, mediese gronde, persoonlike omstandighede en die miskenning van grondwetlike regte. Die regter merk op dat Gustavo nie noodwendig skuldig aan die klagte teen hom bevind gaan word nie.
Die uitspraak verwys onder meer ook na die beginsel dat iemand nie sommer van sy vryheid ontneem behoort te word nie; die reg op waardigheid; die verbod op arbitrêre aanhouding, asook die feit dat dit 'n oortreding is om met howe, die polisie en ander wetsbewakers se uitvoering van hul pligte in te meng.
Volgens Oosthuizen het Gustavo nie skuld op enige van die klagte teen hom beken nie. Hy verwys ook na 'n regsgesag uit 1985 wat borgtog as 'n “oeroue, tradisionele prosedure en fundamentele reg” beskryf.
“Ek is oortuig,” sê Oosthuizen in die uitspraak, “dat gepaste, streng borgvoorwaardes die openbare belang dien; die behoorlik administrasie van geregtigheid; die grondwetlike waardes wat hier opgenoem is, en die algemene beginsels om 'n beskuldigde op borgtog vry te laat sodat hy behoorlik vir 'n verhoor kan voorberei, vrylik met sy regslui kan konsulteer op 'n doeltreffende en onbeperkte wyse en na sy gesondheid kan omsien op sy eie koste.”
Oosthuizen wys in sy uitspraak daarop dat die aanklaer-generaal se magte om borgtog te weier ingevolge ou wetgewing uit 1977 in 1991 gewysig is om met Namibië se Grondwet te strook. Sodoende is howe in die land se diskresie in borgaansoeke herstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie