Fishrot-duo betaal plaaslening
Twee Fishrot-beskuldigdes het vinnig betaal nadat 'n hofbevel Bank Windhoek toestemming gegee het om hul plase af te vat.
Ogone Tlhage
Twee van die Fishrot-beskuldigdes, mnre. James Hatuikulipi en Sacky Shanghala, het blitsig 'n betaling gemaak om hul plase naby Leonardville waarvoor hulle Bank Windhoek sowat N$11 miljoen skuld, te behou.
Die duo het die kans gestaan om dit te verloor omdat hulle sedert Junie nie terugbetalings op die lening gemaak het nie. Dit is op dié plase, Dixie en Gunsbewys, wat die twee mans verlede jaar op 27 November in hegtenis geneem is. Dit is nie duidelik hoe die betaling gemaak is nie.
Hatuikulipi en Shanghala het hierdie plase wat onderskeidelik 2 000 en 3 000 ha groot is, in 2017 gekoop, blyk dit uit hofstukke. Dit was oorspronklik deel van die plaas Doornboompan.
Dié twee sakevennote het nie gras onder hulle voete laat groei nadat die plase gekoop is, en dadelik met die bou van 'n weelderige huis begin.
Die Bank of Namibia (BoN)se Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) het die twee mans se bankrekenings in November 2019 gevries.
BoN het intussen gesê die vries van die rekenings het in ooreenstemming met regulasies net 10 dae geduur.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) sê op sy beurt hy is onbewus van watter transaksies die Fishrot-beskuldigdes uitgevoer het terwyl hulle verhoorafwagtend was.
Volgens die ACC se direkteur-generaal, mnr. Paulus Noa, het die agentskap 'n lys van bates van alle Fishrot-beskuldigdes saamgestel en dit is aan die kantoor van die aanklaer-generaal oorhandig.
“Ek het geen inligting oor sulke betalings wat gemaak is nie; die inligting is nie onder my aandag gebring nie,” het Noa by navraag gesê.
Die ACC is volgens hom ook nie verantwoordelik vir 'n aansoek vir die beslaglegging van bates nie.
“Die mag lê in terme van die wet vir die voorkoming van georganiseerde misdaad by die kantoor van die prokureur-generaal. Van ons kant kan ons nie sê hulle kan nie betalings doen nie. Die bates behoort steeds aan hulle, selfs al is hulle in aanhouding.”
Die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, het nie op navrae reageer wat verband hou met die betaling deur die twee beskuldigdes en die geslote korporasie nie, asook of 'n aansoek vir die beslaglegging van bates ingedien is nie.
Dit is ook in hierdie stadium nie duidelik hoeveel die twee mans betaal het om te verhoed dat op die plase beslag gelê word nie.
'n Bevel is deur regter Collins Parker toegeken wat die bank in staat stel om sy geld terug te eis.
Die eis teen die mans is op 25 September by die hof ingedien.
'n Dokument is in die hoërhof in Windhoek geliasseer waarin Bank Windhoek Shanghala en Hatuikulipi, sowel as die geslote korporasie Olea Investments Number Nine dagvaar waarin hulle gelyke vennote is, nadat die mans nie kon byhou met die terugbetaling van 'n lening van N$10,1 miljoen wat in April 2017 aan hulle toegeken is nie.
In terme van die leningsooreenkoms moes Olea Investments die lening deur middel van 20 maandelikse paaiemente van sowat N$1,3 miljoen elk terugbetaal.
Die geslote korporasie was teen die einde van Julie agterstallig met sowat N$1,2 miljoen, en skuld Bank Windhoek tans sowat N$11 miljoen.
Die bank het die hof ook meegedeel Shanghala en Hatuikulipi het hulself as borge vir die terugbetaling van die lening verbind.
Die twee mans staar klagte wat verband hou met geldwassery en die misbruik van hul posisies vir selfverryking in die gesig. Hulle verskyn weer op 14 Desember in die hof.
Hatuikulipi het verlede jaar in hofdokumente die bevriesing van sy bankrekenings deur die voormalige minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, bevraagteken. Dié optrede deur Schlettwein het tot 'n vermindering van N$150 miljoen in sy bankrekenings gelei, is aangevoer.
Volgens Hatuikulipi het Schlettwein geen regsgronde gehad om sy bates te vries nie. Hy het aangevoer die vries van bankrekenings maak inbreuk op sy reg op eiendom en waardigheid.
Volgens Hatuikulipi kon sy personeel as gevolg van dié oortreding, nie hul maandelikse salarisse ontvang nie. In die hofdokumente sê hy entiteite wat deur homself en Otuafika Logistics besit word, het 22 mense in diens.
Hy was ook ongelukkig oor die feit dat sy huispersoneel nie in November 2019 betaal kon word nie.
Ander kommer was sy verbande, erfbelasting sowel as wateraansluitings van eiendomme wat hy verhuur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie