Forrest baas tussen Wanderers se mure
Forrest baas tussen Wanderers se mure

Forrest baas tussen Wanderers se mure

Muurbal
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Verlede naweek was dit weer tyd vir die 15de jaarlikse Wanderers Nashua Ope-kampioenskap waaraan ’n rekordgetal van 80 spelers deelgeneem het om in 160 wedstryde oor drie dae vir opwindende aksie te sorg.

Die nasionale ranglysstelsel is onlangs opgeknap en het daartoe aanleding gegee dat agt van die land se voorste muurbalspelers ingeskryf het. Die Namibiese nommer een, Andrew Forrest, Kyle Kriel (nr. 4), Stephan van Rooyen (8de), Jens Delport (9de) en Jason Forrest (10de) van Wanderers het seker gemaak dat hulle die gasheerklub verteenwoordig.

Die ander inskrywings was Clifford de Witt (3de), Danie Greef (5de) van Walvisbaai en Max Endjala (7de) van die Klein-Windhoek Muurbalklub.

Andrew Forrest, wat in 2016 as die Ope-kampioen bekroon was, het sy titel suksesvol by dié toernooi verdedig.

“Wat ’n fantastiese toernooi! Dit was wonderlik om my titel by die Nashua Wanderers Ope te verdedig. ’n Baie groot dankie aan Wanderers wat ’n enorme kompetisie suksesvol aangebied het waar meer as 160 wedstryde gespeel is. Ek wil vir my borge Harrow en Just In Time Sports, vir die fantasiese toerusting bedank. Dit was my eerste kompetisie met dié borge agter my en ’n wonderlike manier om weg te spring,” het Forrest waarderend gesê.

Die ander inskrywings was gevul deur ’n groot aantal beginners, juniors en vroue wat uitstekend gevaar het. Die trekkings is in gemengde formaat gedoen waar mans teen vroue gespeel het, maar daar is seker gemaak die spelers min of meer dieselfde hoeveelheid ranglyspunte het en op dieselfde peil is.

Die topspelers was soos volg (almal van Wanderers, tensy anders vermeld):

A-afdeling: Bekerkompetisie: 1. Andrew Forrest, 2. Clifford de Witt en 3. Danie Greeff (Walvis).

Plaatkompetisie: 1. Brandon Crane (Walvis), 2. Nelson Herunga (Klein-Whk), 3. Gerdus Louwrens.

B-afdeling: Beker: 1. Henko Knipe, 2. Lid-Marie Calitz, 3. Stockley van Horsten.

Plaat: 1. Luke Brinkmann (Klein-Windhoek), 2. William Graham en Benneton Calitz.

C-afdeling: Beker: 1. Ryan Gruhn (Wvb), 2. Heiko Rusch, 3. Pieter Greeff.

Plaat: 1. Gerhard Liebenberg, 2. Marno Burger, 3. Christiane Beulke (Swakopmund).

D-afdeling: Beker: 1. Gerard Hough en 2. Hein Bamm (Walvis), 3. Julie Rusch.

Plaat: 1. Jaco Horn (Klein-Windhoek), 2. Jessica Moore, 3. Lloyd Dien.

E-afdeling: Beker: 1. Gero Diekmann, 2. Lee-Anne Ludwig, 3. Jan Kirsten.

Plaat: 1. Maryke Serdyn, 2. Nicole Dien, 3. Anja Mozny.

“Nashua is vir baie jare een van die belangrikste rolspelers in die groei van muurbal in die land en ons is trots om te sê vanjaar was die vyftiende keer wat Nashua hierdie toernooi geborg het,” het Steven Berry van Wanderers gesê.

Die volgende kompetisie is die Visions Ope-toernooi op 28 Julie by Wanderers aangebied word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!