Foto van plaaslike dokter beïndruk

Henriette Lamprecht
Die mediese dokter en finale jaar inwonende lid van die Namibiese Veld Epidemiologie Opleidingsprogram (FETP) by die Universiteit van Namibië (Unam), dr. Lahja Ndapewa Omagano Ipinge, het onlangs vanjaar se fotokompetisie gewen wat virtueel deur die FEPT Internasionale Aand­konferensie gehou is.

Dié konferensie word jaarliks deur die opleidingsprogramme in epidemiologie en Gepubliseerde Openbare Gesondheidsingrypingsnetwerk (TEPHINET) en die Sentrum vir Siektebeheer (CDC) gehou om die impak van epidemiologie deur treffende foto's uit te beeld.

Die wenfoto is geneem terwyl Ipinge met 'n onstabiele touleer aan boord van 'n vaartuig gegaan het om toetse vir Covid-19 van onwettige immigrante te neem wat in Namibiese waters was.

Die foto beeld die ware aard van die veld van epidemiologie uit deur die ekstra myl te stap om die verspreiding en bestuur van siektes te hanteer.

Ipinge is die eerste Namibië wat so 'n toekenning verower het.

“Dit is 'n groot eer dat my werk op so 'n groot platform erken word en veral die feit dat dit uit meer as 70 benoemdes oraloor die wêreld gekies is,” het sy gesê.

In Mei vanjaar was dr. Ipinge aan die stuur van 'n ondersoek na 'n Covid-19-uitbreking in Walvisbaai wat gelei het tot die ontdekking van die eerste gevalle van die B 1.1.7-variant in Namibië. Vir haar meestersgraad is sy tans besig met navorsing oor aangebore hartsiektes in Namibië.

FOTO’s VERSKAF
Die wenfoto wys dr. Ipinge waar sy met 'n onstabiele touleer op 'n vaartuig klim om toetse vir Covid-19 van onwettige immigrante in Namibiese waters neem.
Dr Lahja Ndapewa Omagano Ipinge.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!