Frankryk oordonder Kroasië vir WB-titel
Sokker
Frankryk het die Wêreldbeker-sokkerdroom van die buiteperd Kroasië beëindig toe hy Sondagaandin Moskou die finaal met 4-2 beklink het.
Die eindstryd word as een van die mees akseibelaaides in die geskiedenis van die toernoio bestempel.
Rustyd was Frankryk met 2-1 voor, te danke aan ’n eie doel deur Mario Mandzukic.
Hul voorspeler Antoine Griezmann het ook met ’n strafdoel geslaag wat ná die TV-verwysing toegeken is.
Kroasië, in sy heel eerste WB-finaal, was kortliks gelykop danksy ’n doel deur Ivan Perisic.
Twee vinnige trefhoue deur die jong sterre Paul Pogba en Kylian Mbappe halfpad deur die tweede helfte het die Franse span sterk in beheer van sake geplaas.
Mandzukic het egter ’n gelukkige doel danksy ’n fout deur die Franse doelwagter Hugo Lloris behaal om sake in die laaste 20 minute spannend te hou.
Didier Deschamps, kaptein van Frankryk se WB-kampioenspan in 1998, het die derde man geword wat die Wêreldbeker beide as speler en afrigter verower. Brasilië se Mario Zagallo en die Duitser Franz Beckenbauer is die ander twee. - SuperSport.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie