Franse 'held' sterf ná gyselaarsdrama
Die Franse polisieman wat plekke geruil het met ’n gyselaar in ’n aanval in ’n winkel Vrydag, het Saterdagoggend aan sy wonde beswyk, berig BBC, SkyNews en Russia Today (RT).
Luitenant-kolonel Arnaud Beltrame se heldedaad het gelei tot die beëindiging van dié gyselaardrama in Trèbes in die suide van Frankryk.
Volgens Russia Today is drie mense dood en 16 mense beseer nadat die 26-jarige Redouane Lakdim Vrydagoggend sy beweerde terreuraanval in Carcassonne begin het.
Hy het glo geskree “ek is ’n soldaat van Daesh” toe hy die Super-U-winkel binnestorm en het geëis dat Salah Abdeslam, die enigste oorlewende Isis-lid wat by die Parys-aanval van 2015 betrokke was, vrygelaat word.
Nadat Lakdim ’n kliënt en ’n werknemer van die winkel doodgeskiet het, het hy ander as gyselaars aangehou. Volgens Gérard Collomb, minister van binnelandse sake, het die polisie daarin geslaag om die supermark grootliks te ontruim, maar Lakdim het een vrou teruggehou as ’n menslike skild.
Beltrame het aangebied om met haar plekke te ruil en het sy selfoon, wat verbind was met ander polisielede, op ’n tafel gelos sodat die polisie buite die situasie kon monitor. Toe die polisielede buite geweerskote hoor, het hulle na binne gestorm en Lakdim doodgeskiet. Beltrame is egter beseer en het Saterdagoggend aan sy wonde beswyk.
“Hy het vir sy land gesterf. Frankryk sal nooit sy heldedaad, sy dapperheid, en sy opoffering vergeet nie,” het Collomb op Twitter gesê.
Emmanuel Macron, Franse president, het Beltrame ook geprys en as ’n held beskryf.
Lakdim het Vrydagoggend voor die aanval ’n kar gekaap, die bestuurder beseer en een van die passasiers doodgemaak. Hy het daarna op ’n groep polisielede wat aan die draf was, geskiet en een van hulle beseer.
Volgens BBC is een persoon, na bewering Lakdim se lewensmaat, in hegtenis geneem.
Macron sê ondersoekers moet nog vasstel of die Islamitiese Staat verantwoordelik is vir die aanval. Daar word ook nog ondersoek hoe Lakdim ’n vuurwapen bekom het. Hy het ’n kriminele rekord gehad omdat hy voorheen gesteel het en met dwelms gehandel het. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie