Fris baarse by Von Bach uitgetrek
Hengel
Die Namibiese Baarshengelvereniging (NBAA) het vroeër vandeesmaand sy tweede nasionale kompetisie, met Bank Windhoek as die reeksborg, by die Von Bachdam aangebied.
Met die koue front wat die vorige Donderdag inbeweeg het, was 'n uitdagende kompetisie in die vooruitsig. Hengelaars wat die Saterdag vroegoggend uit Windhoek na die dam vertrek het, is inderdaad deur 'n yskoue windjie begroet.
Nogtans het 25 hengelaars en 21 bote aangetree om hul aas in die water te plaas.
Teen al die verwagtinge in, was die visvangste uitstaande in die koue weer. Die gesonde totaal van 98 visse is ingeweeg wat die skaal op 94.612 kg getrek het. Volgens waarnemers getuig dit daarvan dat Von Bachdam weer soos in sy gloriejare floreer.
Altesame 17 hengelaars het daarin geslaag om hul sak tot op die limiet te vul. Selde tevore het die weegmeester soveel hengelaars met breë, trotse glimlagte sien inkom.
Die swaarste vis van die toernooi is deur Max Pieper uitgetrek – op 3.462 kg een van die ware bielies in die Von Bachdam!
Die toernooi se uitslae was soos volg:
1 Max Pieper (vyf visse) 7.251 kg
2 Nic Kruger (vyf visse) 6.357 kg
3 Jurgen Geiger
(vyf visse) 6.25 kg
4 André van Vuuren
(vyf visse) 5.063 kg
5 Clive Mitchell
(vyf visse) 4.983 kg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie