Ga, poe!
Die stank van vismeel hang nou al vir ’n geruime tyd nie meer oor Walvisbaai nie.
’n Bekende Suid-Afrikaanse sanger op toer het glo eens opgemerk die hawedorp se naam moes liewers “Stinkbaai” gewees het.
Dié opmerking het beslis ’n wanklank nagelaat onder “Baainaars”.
Dis pure geld wat so ruik. Só het die ouer garde altyd gesê vir dié wat hul neuse durf optrek het wanneer die stank soos ’n misbank deur die strate van die dorp aangerol gekom het.
Die rede vir die hawedorp se klankie destyds is veroorsaak deur die verbranding van afvalvis vir die vervaardiging van vismeel wat later weer as bemestingstof gebruik is.
Maar dié onwelriekende lugruim kom nie naby die stank van die onlangse visskandaal en die gepaardgaande beskuldigings van korrupsie in die visbedryf wat ontbloot is nie.
Die betrokkenheid van twee ministers en die paar hoës se koppe wat gerol het toe dit aan die lig gekom het dat kwotas vir die Namibiese visbron te koop was, is nou al ou nuus.
Maar dit bly ’n teer saak dat die verdienste wat verkry is uit die verkoop van ’n mariene hulpbron net vir ’n paar met baie diep sakke beskore was. Die opbrengste van die onderduimse transaksies het ook êrens heen verdamp.
Die vraag op almal se lippe is waarheen?
Ons eie sardientjies is nog ’n ander skaarste deesdae. Jy kan maar gaan soek daarvoor in die winkels op die rakke. Nie meer te vinde nie.
Die sardyne is glo stroomop of stroomaf. Net die wetenskaplikes weet glo waarnatoe. Daar is niks daarvan hier in ons eie seewaters te vinde nie. Wat daar wel is, is ’n moratorium wat vangste van die aard drasties ingekort het.
Die visskaarste het noodgedwonge gemaak dat visinmaakfabrieke grotendeels moes afskaal of self hul deure sluit. Een fabriek voer nou sardyne van Marokko af in om te sorg dat sy werkers aan die gang en sy deure oop bly.
Van ’n paar dinge is ek egter baie seker.
Die kabeljoue loop steeds. By Paaltjies is daar weer oor die feestyd gemors met dié bron deur ’n paar selfsugtige hengelaars wat net note wil sien. Dit is glo ’n ou ding dié, so ook die feit dat amptenare van seevisserye gestrand is sonder die nodige wiele om patrollies te doen.
Ek weet die vissermanne se weduwees kry steeds swaar sedert hul dividende as aandeelhouers by ’n maatskappy soos mis voor die son weggesmelt het.
Wanneer kom daar uitsluitsel oor die saak?
So ook vind baie van die afgetrede vissermanne wat die bedryf opgebou het tot wat dit is, geen baat daarby nie. Dié is net ’n paar well-connected veterane beskore terwyl die res ’n armsalige dood tegemoet gaan.
Stank vir dank!
Ek wonder wat gaan word van die groot groep vissermanne wat gestaak het vir beter werkstoestande op die bote en die see in sy geheel en toe daarvoor afgedank is. Vir hoe lank gaan hulle nog so rondstaan en angstig wag met die uurglas wat sy loop loop?
Walvisbaai was vir baie lank bekend vir die onwelriekende klankie van vismeel wat oor die hawedorp gehang het en die wind wat voortdurend waai.
Maar dié klankie was een van welvaart wat die visbedryf vir baie mense gebring het. Nou het dié klankie ’n wanklank geword en lyk dit of die eintlike welvaart net ’n paar beskore was.
Mag sterk winde van verandering in 2020 op die hawedorp waai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie