Gaan goeie oeste kos goedkoper maak?
Landbouprodukte se bemarkingsmarge ná die droogte
Dr. Kobus Laubscher
Berigte van 'n verwagte styging van tot 80% in vanjaar se mielieoes, lok gemengde reaksie uit.
Daar is diegene wat prysdroogtes voorspel, terwyl die algemene gevoel een van verligting is.
Die lae binnelandse mielie-aanbod en gevolglike invoerafhanklikheid te midde van wisselkoerswisselvalligheid tydens die droogte het veral die verbruikers van mieliemeel hard geslaan.
Daar is gereeld berig oor prysstygings van meer as 50% in die kleinhandelprys. Die prys van
2,5 kg spesiale mieliemeel het in Januarie vanjaar 61,5% méér gekos as 'n jaar gelede. Geen wonder nie dat die Nasionale Bemarkinsgraad se inflasiemeter ten opsigte van die vyf gewildste kossoorte wat deur die armste 30% gekoop word, op 'n jaar-tot-jaar grondslag in die rooi was teen 21,3%.
Die betekenisvolheid van hierdie geweldige styging lê verder in die feit dat hierdie groep verbruikers na raming bykans 61% van hul besteebare inkomste aan kos bestee. Vyf daaglikse porsies tel onder die gewildste in hierdie groep, naamlik 22 g suiker, 2,5 g tee, 56 g volroommelk,
156 g bruinbrood en mieliemeel vir 150 g mieliepap.
Dit het in Januarie vanjaar R6,60 per dag gekos, of bykans 21% meer as 'n jaar gelede. Ongelukkig is die inflasie-ervaring van hierdie kosse uiters sleg – dit tel onder die hoogste. Die vraag is of die groter mielieoes verligting gaan bring en hoe?
Bemarkingsmarge
Die sogenaamde bemarkingsmarge dui op die verskil tussen wat die verbruiker betaal, en die plaas-ekwiwalent daarvan. Die meeste landbouprodukte ondergaan betekenisvolle transformasie om dit verbruikbaar te kry.
Trouens, die moderne verbruiker vereis meer toegevoegde waarde, maar meer bemarkingsfunksie verhoog die marge – dikwels sonder dat die plaashekprys verhoog. Die nuutste statutêre verhoging in die brandstofprys sal 'n negatiewe impak hê aan beide kante van die plaashek en veral die verbruiker se koopkrag onder druk hou.
Die markte verdiskonteer reeds die groter mielieoes deur middel van laer pryse en die vraag is: wanneer kan die verbruiker goedkoper pap op die tafel verwag?
Indien prystendense vergelyk word, is dit duidelik dat prysstygings op plaasvlak baie vinniger op verbruikersvlak reflekteer as wanneer plaashekpryse daal. Die verskynsel dui op pryse wat sogenaamd “sticky downward” reageer.
Inflasie
Navorsing wys op 'n gemiddelde sloering van vier maande in die geval van die Suid-Afrikaanse graanmarkte. Goedkoper mielies sal kosinflasie direk en indirek temper, want as inset moet goedkoper mielies verdiskonteer word en as stapelvoedsel kan aanvaar word dat hoë dubbelsyfer-prysstygings kan afneem.
Dit gaan egter nie oornag gebeur nie, want waardekettings het self kostestygings geabsorbeer te midde van byvoorbeeld die hoë plaashekprys vir mielies as gevolg van die droogte. Met meer en goedkoper mielies kan winste van verwerkers herstel en ander insetkostestygings van die verlede verhaal word.
Inflasie bly oor die algemeen 'n kopseer in dié streek, veral kosinflasie.
Vergeleke met buurlande, was die algemene inflasie in Namibië van 8,2% en kosinflasie van 13,2% in Januarie besonder hoog. Die onderskeie syfers vir Suid-Afrika (6,6% en 11,4%), Botswana (3,1% en 4%) en Zambië (7,0%% en 7,4%) wys op bepaalde kwesbaarheid, veral as die belangrikheid van voedsel binne die totale inflasie in ag geneem word. Dienste-inflasie was teen 8,3% matig hoër as dié vir goedere. Voedsel dra 14,8% by tot die mandjie en die mate waartoe verbruikers onder druk is, word afgelei van 'n hoë 13,2% inflasie.
Binne die kosmandjie het brood en grane die inflasiespook lewendig gehou met meer as 15% jaar-op-jaar stygings. Die vooruitsig op goedkoper grane kan dus hier wesenlike verligting bring.
Vleispryse
Wat vleis betref, was die inflasie ook hoog teen 10,3%, maar dit moenie verkeerd verstaan word nie. Noodsaaklike kuddebou gaan bemarkbare vee dermate
verminder dat verbruikers sterk opwaartse inflasie kan verwag wat vleis betref.
In Suid-Afrika het die bemarkingsmarge vir skaap- en lamvleis van November 2016 tot Januarie 2017 met meer as 149% toegeneem, terwyl die produsente-aandeel met bykans 7% gedaal het. In die geheel het dié marge beduidend toegeneem (60%) gedurende die jaar tot Januarie 2017.
Die feit dat die produsente-aandeel matig gedaal het, onderstreep die belangrikheid van toegevoegde waarde waar daar uiteraard ander inflasiesyfers geld. In die geval van beesvleis was veranderings matig, met selfs 'n daling vir die jaar tot Januarie 2017. Dit onderstreep die impak van die droogte waar gedwonge slagtings pryse onder geweldige druk gehou het.
Die herbou van kuddes sal egter 'n verandering bring, maar produsente moet versigtig wees om nie ooroptimisties te wees nie. Heropbou in die beesbedryf neem langer en in daardie tyd kan die ekonomie sodanig verander dat aanvanklike prysstygings in die kuddeboufase ongedaan gemaak kan word as moontlike welvaartskepper.
Die onlangse samesprekings tussen verteenwoordigers van die Namibiese en Suid-Afrikaanse rooivleisbedrywe sal hopelik 'n nuwe tydvak van oorgrens-koördinering van aanbod inlui, wat dié bedryf sy staanplek kan terugbesorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie