Gaboen-president terug ná mislukte staatsgreep
Pres. Ali Bongo van Gaboen het weer Maandag in sy land aangekom nadat hy vir drie maande siek in die buiteland was en daar ’n mislukte staatsgreep in die land was.
Bongo het in Oktober verlede jaar ’n beroerte gehad terwyl hy in Saoedi-Arabië was, waarna hy na Marokko gevlieg is vir behandeling.
Hy het sy landgenote Oujaarsdag toegespreek, waarna lede van die weermag besluit het dat hy nie meer bevoeg is om die land te lei nie.
Dié lede het ’n staatsgreep in Januarie uitgevoer en die nasionale radiostasie oorgeneem, waarna hulle aangekondig het dat die weermag nou in beheer van die land is.
Die regering het egter vinnig beheer oorgeneem, terwyl bronne na bewering skote naby die radiostasie kon hoor.
NUWE REGERING
Daar is nie duidelikheid of Bongo kan loop nie nadat dit tydens sy Oujaarsdagtoespraak gelyk het asof hy sukkel om te praat.
Bongo het Saterdag ’n nuwe regering aangestel en aangedui dat Julien Nkoghe Bekale die nuwe premier van Gaboen is.
Die nuwe regering sal Dinsdag ingehuldig word, maar die media word nie toegelaat om dié verrigtinge by te woon nie.
Die Bongo-familie heers al vir 50 jaar in Gaboen.
Ali Bongo het in 2009 by sy pa, Omar, oorgeneem nadat dié dood is.
Hy het die herverkiesing in 2016 met minder as 6 000 stemme gewen, waarna daar gerugte van bedrog kop uitgesteek het.
Betogers het daarna die parlement aan die brand gesteek. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie