Gaboen: SA verwerp poging tot staatsgreep
Gaboen: SA verwerp poging tot staatsgreep

Gaboen: SA verwerp poging tot staatsgreep

Die BBC berig dit was die 205de staatsgreeppoging – hetsy suksesvol of nie – in Afrika sedert die 1950's.
Sarel van der Walt - Suid-Afrika het die mislukte staatsgreeppoging in Gaboen veroordeel.

Die departement van ­internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) sê in 'n verklaring Suid-Afrika neem met diepe kommer kennis van die poging deur lede van die Gaboen-weermag Maandag om die regering van die 59-jarige Ali Bongo Ondimba omver te werp.

Ondimba word tans in Marokko behandel nadat hy in Oktober verlede jaar 'n beroerte gehad het.

'n Klein groepie soldate het probeer om die staatsgreep uit te voer om “die demokrasie te herstel”.

BESTORM KANTOOR

Twee van die soldate is later doodgeskiet toe die veiligheidsmagte die kantoor van die nasionale uitsaaier, wat deur die soldate beset is, bestorm het.

Sowat 300 mense wat ter ondersteuning van die soldate buite die ­nasionale uitsaaier byeengekom het, is deur soldate wat lojaal is aan die ­regering uiteengejaag.

Al Jazeera berig 'n klokreël is volgens inwoners in Libreville, die hoofstad, ná die voorval ingestel en die internet buite werking gestel.

Hulle sê paniek het geheers in die stad toe die staatsgreeppoging bekend geword het.

DIRCO-VERKLARING

Dit was die eerste staatsgreeppoging in dié olieryke land langs die weskus van Afrika sedert Ondimba se pa, Ali Bongo, in 1967 staatshoof geword het.

Ali Bongo is in 2009 dood.

Die BBC berig dit was die 205de staatsgreeppoging – hetsy suksesvol of nie – in Afrika sedert die 1950's.

Dirco sê in sy verklaring Suid-­Afrika verwerp die staatsgreeppoging ten sterkste. Soos die Afrika-unie (AU) is Suid-Afrika gekant teen enige poging om 'n demokraties verkose president op ongrondwetlike wyse uit die kussings te lig.

Suid-Afrika, wat sedert verlede week weer 'n niepermanente lid van die Verenigde Nasies se veiligheidsraad is, sê hy doen 'n beroep op die weermag van Gaboen om seker te maak die demokraties verkose rege­ring word sou gou moontlik weer ­ingestel.

Frankryk, Gaboen se ­voormalige koloniale heerser, het ook die staatsgreeppoging veroordeel.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!