Garoeb word Suburbs se kaptein
Die negende ronde van die NRU premierliga hou opnuut 'n paar boeiende kragmetings in.
Die flank Ryan Garoeb word môre die derde kaptein van die seisoen vir die eerste rugbyspan van FNB Western Suburbs.
Die Khomasdallers het die seisoen met Roderique Victor as kaptein begin, voordat Justin Nel later oorgeneem het.
Met Nel wat gister óók 'n laat oproep vir die Windhoek Draught Welwitschias se reis na Pretoria gekry het, sal Garoeb môre die leisels oorneem wanneer Suburbs op sy tuisveld teen Rehoboth rugbyklub speel.
Suburbs bevind hom tans in die derde plek op die puntelys van die Namibië Rugby-unie se premierliga, met 26 punte.
Die voorloper FNB Unam Unam (40 punte) het môre 'n tuiswedstryd teen Kudus van Walvisbaai (vierde met 23 punte).
FNB Wanderers (tweede geplaas met 34 punte) pak egter die reis aan om Walvisbaai rugbyklub die stryd te gaan aansê. Die kusspan is dáár nie 'n kat om sonder handskoene aan te pak nie en die Wit Hingste se afrigter Charl du Toit moes gisteraand nog meet en pas voordat hy sy eerste span kon finaliseer.
In Olympia sal afrigter Jood Opperman se Trustco United alles in die stryd werp om vir Reho Falcon die enigste wenlose span in die liga te hou.
Al die wedstryde se afskoptye is om 15:15 en word voorafgegaan deur die tweede spanne se wedstryde om 13:30 in die reserweliga.
Die spanlyste wat gister teen druktyd ontvang is:
FNB Unam: 15 Denver Murorua, 14 Romanzo Lento, 13 Milaan van Wyk, 12 Camlo Martin, 11 Silvano Beukes, 10 Helarius Kisting, 9 Sunday Haitembu, 8 Bradley Klazen (kapt), 7 Freddy Puriza, 6 Barry Gande, 5 Rheinhardt Carelse, 4 Kami Mieze, 3 Tjino Tjirare, 2 Bigman Kaura, 1 Hauta Veii.
Reserwes: Jandre Cloete, Frank Mowa, Walter Hendriks, Reagan Gertze, Lorenzo Louis, Chess Lawrence, Clyde Bester.
FNB Western Suburbs: 15 Japhet Tjinho, 14 Collins Omalu, 13 Ricardo Swartz, 12 Alastair Miller, 11 Junior Alweendo, 10 Dylan Izaaks, 9 JC Winkler, 8 Vakomboka Kamboo, 7 Vaughan Petersen, 6 Ryan Garoeb (kapt), 5 James Kisting, 4 Uno Katjiuongua, 3 Aleck Botha, 2 Jonathan Goliath, 1 Andreas Shikonekeni.
Reserwes: Neville Vries, Eliakim Shikwambi, Howard Gawachab, Fidal Micolleney, Bronwyn Willemse, Linford Oosthuizen, Johannes Namene.
Trustco United: 15 Elmo van der Byl, 14 Stefan Louw, 13 Donald van Wyk, 12 Mbimbo Mbai, 11 Nandivatu Karuuombe, 10 Ascher Coetzee, 9 Moranzel Strauss, 8 Panduleni Ilonga, 7 Manie Vlok, 6 Jaco Bonthuys, 5 Warren Mukanda, 4 Winmar Rust (kapt), 3 Jason Benade, 2 Clinton de Klerk, 1 Simon Kanime.
Reserwes: Almiro Uys, Brendon Nanaseb, Walter Cloete, Armand de Klerk, Felix Humphreys, Heini Kapolo, Eathon Baron.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie