• Tuisblad
  • Sake
  • Gasfirmas dalk beboet oor pryse vir silinders
Gasfirmas dalk beboet oor pryse vir silinders
Gasfirmas dalk beboet oor pryse vir silinders

Gasfirmas dalk beboet oor pryse vir silinders

Francois Williams - Vyf Suid-Afrikaanse gasmaatskappye is na die Mededingingstribunaal vir vervolging verwys omdat hulle pryse vir gassilinders met vloeibare petroleumgas (VPG) vasgestel het.

Hulle kan met ’n bedrag van 10% van hul jaarlikse omset beboet word.

Totalgaz Suider-Afrika, Oryx Oil Suid-Afrika, KayaGas, Easigas en Afrox is almal daarvan aangekla dat hulle die pryse vir gassilinders vasgestel het, het die Mededingingskommissie Donderdag in ’n verklaring bekend gemaak.

Geen administratiewe boete word teen Afrox aangevra nie, maar die kommissie het die tribunaal gevra om die ander vier te straf met ’n boete gelykstaande aan 10% van hul jaarlikse omset.

KARTELVORMING

Die kommissie het al in Augustus 2015 met sy ondersoek na kartelvorming by die gasmaatskappye begin. Die kommissie het bevind Totalgaz, Oryx, KayaGas, Easigas en Afrox het ooreengekom oor die bedrag wat mense die eerste keer as ’n deposito moes betaal vir ’n gassilinder wanneer hulle VPG wil koop.

VPG is gewild onder kampeerders, maar word ook toenemend deur huishoudings gebruik in gasstowe, vir waterverhitting en algemene verhitting in die winter. Hospitale, hotelle en restaurante gebruik VPG in hul kombuise omdat dit onmiddellik hitte verskaf, vergeleke met konvensionele elektriese oonde en stowe.

Die kommissie het in Oktober 2015 ’n klopjag op persele van die betrokke gasmaatskappye uitgevoer en op dokumente en elektroniese data beslag gelê, het Sipho Ngwema, kommunikasiehoof van die Mededingingskommissie, gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!