Gebaretaaltolke onder dowe-sambreel
Henriette Lamprecht – Alle gebaretaaltolke sal voortaan onder die vaandel van die Namibië Nasionale Vereniging vir Dowes (NNAD) val, totdat ’n vereniging vir dié tolke amptelik gevestig is.
In praktyk beteken dit geen individue sal meer as gebaretaaltolke kan optree nie.
Volgens die voorsitter van die NNAD, me Beata Armas, is dit om “gewetenlose individue” te voorkom wat voorgee om professionele tolke te wees.
Volgens Armas is gebaretaal dowes se amptelike taal en ’n mensereg wat veronderstel is om as amptelike taal gerespekteer en erken te word.
“Gebaretaaltolke is daar om die gaping te oorbrug tussen dowes en dié wat kan hoor. Hul dienste vir die dowe gemeenskap is van kardinale belang.”
Sy het verwys na Namcol wat die dienste van ’n individuele organisasie, Dynamic Sign Language Consultancy, bekom het, met me. Hitjevi Katjangua wat dienste vir gebaretaal aanbied.
“Dié organisasie doen opleiding in gebaretaal wat deur ’n persoon aangebied word wat kan hoor. Dit is nie veronderstel om so te wees nie.”
Volgens Arma moet gebaretaal deur ’n dowe persoon onderrig word. Sy het voorts gesê dowes het gekla dat hulle nie die tolk se tekens verstaan nie.
“Die tolke wat huidig deur Namcol in diens geneem is, gebruik meestal die verkeerde tekens en dowe studente trek geen voordeel hieruit nie. Dit lei daartoe dat dowe studente nie slaag nie.”
NNAD het organisasies aangemoedig om saam met die vereniging te werk om sodoende enige verkeerde tekens reg te stel en ook die gebruik van behoorlike tekens wat tot voordeel van die dowe gemeenskap gebruik kan word.
Die NNAD is in 1991 in die lewe geroep met die doel om die belange van dowes in Namibië te bevorder en om vir gelyke regte in alle aspekte van die samelewing te beywer. NNAD se hoofdoel is om die maatskaplike, linguistieke, kulturele sowel as regsbelange van dowes, ongeag hul geslag, ouderdom, agtergrond, plek van herkoms of affiliasie, te beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie