Gebhardt bly langer in RSA
Sokker
Die 31-jarige Ananias Gebhardt, verdediger van die Brave Warriors en FC Baroka (Suid-Afrika), het ná twee jaar by dié klub suksesvol daarin geslaag om sy kontrak te verleng.
Gebhardt, wie se huidige kontrak einde vandeesmaand tot ’n einde kom, sal vir nog ’n jaar by Bakgakga (die klub se bynaam wat in Tswana onbeskof beteken) in Polokwane, Limpopo, woeker.
Die vlugvoetige en hoog aangeskrewe Gebhardt sê: “Ek is nou vir die tweede seisoen by Baroka. Die klub het ’n keuse gehad om sy spelers vir nog ’n jaar te kontrakteer. Ek is uiteraard verheug oor die klubbestuur se besluit om my vir nog ’n jaar te laat speel. Ek sou einde Junie huis toe moes gaan, maar die klub het anders besluit.
“Die inperkingstydperk was frustrerend en ons het gebrand om weer op die veld te gaan, maar veiligheid kom eerste en sokker tweede. Ons het maar soos alle ander sportmanne tuis geoefen. Zoom-sessies is met die fiksheidafrigter ingespan en ons het individueel drie keer per week vir vyf kilometer gehardloop. Ons vordering is met ’n opsporingsinstrument gemeet,” het Gebhardt vertel.
Die enigste ander twee Brave Warriors-spelers wat tans aktief sokker speel, is Wangu Batista Gome en Manfred Starke. Gome, ’n bonkige, maar uiters talentvolle middelveldspeler, bevind hom die afgelope vier maande in Yerevan, Armenië by Alashkert in Armenië en Starke by Kaiserslautern (die Rooi Duiwels) in Duitsland.
Gome sê: “Ons het ’n hele ruk gelede opgehou om te oefen en moes ook met verminderde salarisse tevrede wees. Nadat ons onlangs weer kon begin oefen, is die span in twee groepe verdeel om aan die regulasies te voldoen wat deur die Armeense regering neergelê is,” het hy gesê.
Gome, wie se talente by Bidvest Wits in Suid-Afrika tevore nie tot sy volle reg gekom het nie, sê die spelers word elke dag by die oefenveld vir aanduiders van Covid-19 getoets.
“Ons liggaamstemperatuur word getoets en op die reserwebank moet spelers natuurlik daardie 1.5 meter afstand handhaaf. Dit is die moeilikste deel en om sonder toeskouer te speel, is glad nie lekker nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie