Geen aanvalle op Namibiese trokdrywers
Namibiese vragmotorbestuurders het tot nou toe die aanvalle en plundertogte op Suid-Afrikaanse paaie vrygespring.
Ronelle Rademeyer - Geen Namibiese vragmotorbestuurder het tot dusver onder die gewelddadige xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika deurgeloop nie, al berig die Padvragvereniging (RFA) in die buurland ‘dit was rof’.
Die voorsitter van dié vereniging, mnr. Gavin Kelly, het by navraag gesê berigte is ontvang van verskeie voorvalle gister en Sondag in die buurland. “Dis rof hoor, dis baie rof,” was sy woorde.
Buitelandse vragmotor- en busbestuurders is deur onbekende faksies in die vervoerbedryf gewaarsku om op 1 en 2 September van die paaie af te bly.
Kelly sê die All Truck Drivers Forum (ATDF) sit agter die aanvalle. Hulle verwyt vragmotorbestuurders uit ander Afrikalande vir afleggings in die Suid-Afrikaanse vervoerbedryf, sê hy.
Die Suid-Afrikaanse Vervoerwerkersvakbond (Satawu) het hom van dié staking gedistansieer, het die nuusagentskap ANA Vrydag berig.
Volgens mnr. Willie du Toit, voorsitter van die Namibië Logistiekvereniging (NLA), was die “onruskolle meer na Witbank se kant toe en in Natal self. Op die hoofroetes is nie probleme ervaar nie, buiten vir die feit dat Suid-Afrikaanse vragmotors die N2-roete tussen Kaapstad en Somerset-Wes vir verkeer geblokkeer het.”
Volgens Du Toit, wat ook die besturende direkteur van die FP du Toit Transport-groep is, was geen Namibiese vragmotorbestuurder gister en Sondag in aanvallers se visier nie.
Die polisie in KwaZulu-Natal het teen gister 20 mense in verband met vragmotoronluste gearresteer, het brig. Jay Naicker aan News24 gesê.
Volgens hom was dit ’n besige naweek vir die polisie in dié provinsie wat met verskeie vervoerverwante stakings te doen gehad het.
Die Suid-Afrikaanse ministers van indiensneming en arbeid, polisie, vervoer en binnelandse sake het Sondagaand ’n noodvergadering gehou om die voortslepende geweld in die vervoerbedryf te bespreek en op ’n aksieplan te besluit.
News24 berig hulle het in ’n gesamentlike verklaring gesê die aanvalle op vragmotorbestuurders en die beskadiging van vragmotors raak al meer gewelddadig en strafbaar.
In Junie is binne die bestek van drie weke ten minste 20 vragmotors per week aan die brand gesteek.
Maroela Media het gister berig dié ministers het die vlaag aanvalle op Suid-Afrikaanse paaie as “ekonomiese sabotasie” beskryf.
Een van die besluite wat geneem is, was om wetstoepassing te verbeter en sigbare polisiëring te verhoog in gebiede waar probleme is.
Kelly sê die RFA se raad aan die lede van die NLA is om versigtig te wees en uit te kyk vir moontlike probleme.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie