Geen borgtog vir vermeende gewapende rowers

Francoise Steynberg
Twee vermeende gewapende rowers van die Shoprite U$ave-winkel in Katutura Maandagoggend, is vandag borgtog in die Katutura-landdroshof geweier.

Staatsaanklaer Muriel van Zyl het borgtog teen die beskuldigdes, mnre. Petrus Akapala (38) en Elifas Amutenya (47), teengestaan weens die ernstige aard van die klagte, asook dat hulle vorige soortgelyke hangende klagte teen hulle het. Ander redes is vrees vir inmenging in die polisieondersoek en dat borgtog nie in die belang van openbare geregheid is nie.

Landdros Bernedine Kubersky het egter die beskuldigdes van hul grondwetlike regte ingelig sou hulle 'n formele borgtogaansoek voor die hof wou bring.

Akapala en Amutenya het onskuldig gepleit en die hof ingelig dat hulle hulself gaan verdedig.

Die beskuldigdes staan tereg op klagte van gewapende roof, onwettige besit van vuurwapens, onwettige besit van ammunisie, aanrandig en poging tot moord, omdat hulle glo op die polisie geskiet het.

Die gewapende rooftog het Maandagoggend by Soweto Market in Katutura plaasgevind met 'n heen-en-weer-skietery tussen die polisie en sewe verdagtes.

Drie van die sewe verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem. Twee verdagtes is deur die polisie in die skietery gewond - een in die been en die ander een in die buik. Laasgenoemde het Maandagmiddag in die Katutura-staatshospitaal aan sy wonde beswyk. Twee verdagtes het op die vlug geslaan en word steeds deur die polisie gesoek.

Die saak tot 18 Mei vir verdere ondersoek uitgestel. - Nampa

Foto's Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!