Geheime stemming word by Swapo-kongres ondermyn
Geheime stemming word by Swapo-kongres ondermyn

Geheime stemming word by Swapo-kongres ondermyn

Mnr. Kazenambo Kazenambo het ernstige kommer oor die manipulering van afgevaardigdes na die Swapo-kongres en pres. Hage Geingob se keuse vir die topvier posisies in die party uitgespreek.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Die manier waarop sekere kandidate vir topposisies in Swapo deur ander leiers geëndosseer word, is deur die voormalige Swapo NV-lid, mnr. Kazenambo Kazenambo, gekritiseer.

Hy sê die Swapo-leierskap het dié tendens van Zimbabwe af oorgeneem en dit bring die reg tot 'n geheime stemming by Swapo se komende kongres in die gedrang. Dit bring ook mee dat kongres-afgevaardigdes gedwing word om op 'n sekere manier te stem.

“(Pres. Robert) Mugabe doen dit in Zanu-PF en die oudstes, vroue en jeug word gedwing om sy kandidate te ­endosseer.

“Diegene wat nie saamstem nie, word as masalads (met verwysing na slaai wat sekere andersdenkendes in die party een keer tydens 'n ontmoeting geniet het) geëtiketteer. Enigiemand wat nie met (pres.) Hage (Geingob) saamstem nie, is nou 'n masalad.”

Kazenambo sê wanneer 'n mens nie politieke vergaderings van sekere leiers bywoon nie, word 'n mens eweneens as 'n masalad gebrandmerk.

“Dit gebeur in outokratiese bedelings. Wanneer mense politieke vergaderings bywoon, moet hulle 'n register teken. Hoekom? As 'n mens sê dit is jou reg om vrae te vra, word jy geëtiketteer. Lojaliteit aan die persoon word vereis, terwyl hulle nie bekommerd is oor lojaliteit aan die land en die party nie. Jy is óf vir óf teen die leier. Dit is niks anders as 'n persoonlikheidskultus nie, dieselfde as Noord-Korea met sy 'geliefde leier'. Dit is nie demokraties nie,” sê Kazenambo.

Hy kritiseer ook die lys name wat pres. Hage Geingob as leiers wat hy verkies, bekend gemaak het. Hy sê Geingob sê hy het beraadslaag oor die lys, maar wil weet wat van diegene met wie daar nie beraadslaag is nie. Hy glo dit ry die doel van demokrasie in die wiele.



'verregaande'

“Na afloop van die vorige partyverkiesing het ons almal saamgestem: ons is een.” Vir Geingob om nou om te draai en te sê me. Pendukeni ­Iivula-Ithana en mnr. Jerry Ekandjo het hom die rug toegekeer, is volgens Kazenambo verregaande.

“Hulle het veldtogte vir hom voor die 2014-verkiesing gevoer,” sê ­Kazenambo.

Hy is ook nie tevrede dat Geingob die adjunk eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, as visepresidentskandidaat vir die party voorgestel het nie.

“Wat van die dienende visepresident van die land (dr. Nickey Iyambo)? As hy ernstig is met sy besluit, moet hy onmiddellik dr. Nickey se rang verlaag en Nandi-Ndaitwah as visepresident aanstel.

“Die huidige eerste minister (me. Saara Kuugongelwa-Amadhila) het ook nie plek onder die topvier nie. Dit veroorsaak net verwarring. Dit is goedkoop manipulasie,” sê Kazenambo.

Kazenambo dien nog op Swapo se politburo en ­sentrale komitee.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!