Geingob onder skoot oor aanstelling
Kwalik twee weke nadat 'n Swapo-grootkop uit die Nasionale Raad moes bedank, het sy 'n nuwe pos losgeslaan.
Denver Kisting
Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), spoeg vuur omdat pres. Hage Geingob vir me. Hilma Nicanor, Swapo se woordvoerder, as ministeriële raadgewer aangestel het.
Dit kom nadat Nicanor onlangs as lid van die Nasionale Raad (NR) moes bedank toe die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) aangekondig het niemand mag hulself verkiesbaar stel vir die Nasionale Vergadering (NV) nie as hulle in die NR of in 'n plaaslike of streekowerheid dien of vir die staat werk.
Sy was een van talle Swapo's en lede van die opposisie wat bedank het dae voor kandidate op 18 November vir die NV-verkiesing bevestig is.
Dit het gister aan die lig gekom Geingob het haar reeds met ingang November as raadgewer van veteranesake aangestel.
Dr. Alfredo Hengari, Geingob se woordvoerder, het gister die aanstelling probeer regverdig.
Volgens hom berus die besluit by Geingob om “ná deeglike oorweging van die regering se behoeftes” 'n aanstelling te maak.
In dié geval, sê Hengari, is daar 'n “behoefte vir die voortgesette oorsig van die beleidsaspekte en implementering van die ministerie van veteranesake”.
Hengari sê voorts: “Die aanstelling is binne die reg, en is geskoei op die regering se behoeftes, spesifiek veteranesake. Die president word in sy besluite gelei deur wetgewing en die beste belang van Namibië en 'n spesifieke gemeenskap (veterane).”
Hoewel die PDM by monde van sy pres. McHenry Venaani sê hulle inligting lui nog vier mense word onder soortgelyke omstandighede aangestel, het Hengari gister gesê: “Geen ander aanstellings is gemaak nie.”
Die opposisieleier sê hulle het met skok van die jongste aanstelling verneem. “Die president kla oor die staat se salarisrekening en sê mense moet vroeg aftree, maar hy hou aan om raadgewers aan te stel asof hy geld het om by Edgars te koop, terwyl hy trouens minder as 'n Pep-begroting het.”
Geingob het luidens 'n gelekte brief vir Nicanor op die posvlak van 'n adjunkminister aangestel.
Teen N$48 000 per maand – N$240 000 vir die vyf maande – sê Venaani Geingob verkwis geld op 'n nuttelose posisie.
Hy het opnuut 'n beroep op Namibiërs gedoen om nie later vandeesmaand vir Geingob te stem nie. “As die PDM stel ons voor president Geingob moet stopgesit word. Ons het almal daardie geleentheid op 27 November 2019 voor hy die res van ons karige geld op Harambee-aanstellings gebruik.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie