Geingob opnuut tot Grondwet verbind
Land herdenk Grondwetdag
Pres. Hage Geingob sê hy wy hom opnuut daaraan toe om pogings te verskerp “wat met die bevordering van die Grondwet se doelstellings sal voortgaan”.
Volgens hom is dienslewering en sosioëkonomiese geregtigheid sleuteleise van dié “lewende dokument” wat op 9 Februarie 1990 tot stand gekom het.
Die staatshoof het gisteraand in ’n boodskap om die 30ste verjaardag van die land se oppersag te vier, gesê die Grondwet is op respek vir álmal se basiese menseregte, regsreëls en skeiding van magte tussen die uitvoerende gesag, die wetmakende liggame en die regbank geskoei.
“Die Grondwet het Namibië as ’n lewende en leidende dokument sonder twyfel goed gedien,” het hy by monde van sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, gesê.
Volgens Geingob bied die Grondwet antwoorde waarmee gegriefde partye verskille deur middel van die land se howe kan besleg sou daar tekortkominge in bestuurstelsels en -prosesse ontstaan.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie