Geingob: Tye het verander
Namibië se president het gister, met die opening van Swapo se sesde verkiesingskongres, swaar klem op partyeenheid gelê.
Estelle de Bruyn
>
‘n Perfekte storm. Dís hoe pres. Hage Geingob die huidige politieke klimaat beskryf het toe hy gister Swapo se kongres geopen het.
“Dit is geen geheim dat ons tans onstuimige tye beleef nie. Die geopolitieke klimaat is vloeibaar, die wêreldekonomie is by ‘n kruispad, strukturele ongelykheid manifesteer op hartverskeurende wyse en die toekoms is in onsekerheid gehul. Al hierdie faktore dra by tot die spanning wat baie bevrydingsbewegings in Afrika verswelg,” het Geingob gesê.
Hierdie perfekte storm is volgens die president nie gesien sedert die dae van die bevrydingstryd nie. “Dit lei ons in die versoeking om te sê dinge het verander. Verandering is ‘n gegewe, ja, dinge het verander, maar Swapo se waardes het dieselfde gebly,” het hy bygevoeg.
Met ‘n skaars versluierde verwysing na die sogenaamde Swapo-span, wat sy sogenaamde Harambee-span teenstaan in die verkiesing van nuwe leiers vir die party, het Geingob gesê: “Daar is diegene wat aanvoer Swapo het verander en is nie meer die party is waaraan hulle gewoond was nie. Vir hulle het ek die volgende te sê: Swapo het nie verander nie. Die wêreld het verander en ten einde nie agtergelaat te word nie, moet ons verander terwyl ons steeds ons kernwaardes behou. Swapo bly getrou aan die navolging van fundamentele ideale vir maatskaplike geregtigheid en vryheid, in alle vorms.
“Swapo is hier om te bly. Ons jongmense is belangrike fakkeldraers in hierdie reis en hulle verstaan die tegnologiese en maatskaplike uitdagings wat ons gemeenskap in die gesig staar en ons moet na hulle luister. Ons moet na die werkers en die vroue luister. Ons moet na mekaar luister en ná die dialoog moet ons saam optree. Hieraan is ons toegewy - om te luister, om betrokke te wees en saam te werk.”
Hy het die hoop uitgespreek dat Swapo in onvoorspelbare tye die twyfelaars en doemprofete verkeerd sal bewys en sterk, verenig en stabiel sal wees.
“Swapo is nie ‘n persoonlikheidskultus nie, nie ‘n eksklusiewe klub nie en ook nie ‘n kortpad na persoonlike welvaart en mag nie. Swapo is groter as enige individu en wanneer ons nie meer hier is nie, sal Swapo steeds hier wees.”
Geingob sê die uitoefening van interne partydemokrasie is nie ‘n swakheid nie, en die party moet nooit toelaat dat die stabiele opvolgingspraktyke en die demokratiese aard van die party ‘n swakheid word nie.
Hy sê dit is tyd om te wys die party se eenheid kan die ergste spanning weerstaan sonder om in duie te stort.
“Die wêreld het verander. Dit is dus belangrik dat Swapo aanpas om hedendaagse uitdagings die hoof te bied om aan die voorpunt van maatskaplike geregtigheid te bly.”
Geingob sê om hedendaagse uitdagings soos armoede, korrupsie, werkloosheid en ongelyke inkomste die hoof te bied, moet die party verenig wees en as ‘n kollektiewe front optree.
Hy het ook gevra dat by die Swapo-reëls en beginsels tydens die verkiesing gehou word.
“Kom ons speel die bal en nie die speler nie. Voorts, in die gees van Swapo-eenheid, sodra die verkiesing verby is en die wenners aangekondig is, laat ons almal ons agter die oorwinnaars skaar omdat dit nie persoonlikhede is wat saak maak nie, maar beginsels.
“Ons sê tussen Swapo en ander politieke partye is daar ‘oorlog’ in ‘n verkiesingsproses. Maar, binne Swapo moet daar mededinging wees, gesonde mededinging, wat tot ‘n sterker en lewenskragtiger party moet lei,” het Geingob gesê.
Hy het kongresgangers ook aan die woorde van oudpres. Fidel Castro van Kuba herinner wat gesê het: “Niemand van ons het enige persoonlike belange bo dié van die land nie. Ons land is belangriker as ons beroepe.”
Die president het voorts gesê: “Kom ons begrawe ons persoonlike belange en ag Swapo se belange hoog. Laat ons nie ons loopbane se groei bo Namibië se groei stel nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie