Gemengde span jaag Xavier en Tjipe enduit
Deelnemers se terugvoer was dat hulle geseënd was om verlede week aan die sesdaagse Windhoek Light Namib Quest bergfietstoer te kon deelneem.
Inskrywings het uit Suid-Afrika, Kenia,Brittanje en Portugal gekom, maar aan die voorpunt van die resies het die gemengde span van Wim Steenkamp en Michelle Vorster (Team Kia Elite) vir die volle duur van die resies kort op die hakke van die uiteindelike wenspan gebly.
Die manspan Tjipe Murangi en Xavier Papo (Mannie’s Bike Mecca) het uiteindelik met skaars ses minute verskil voor die naaswennerpaar klaargemaak ná ses dae van kompeterende resies vanaf Windhoek tot op Swakopmund.
Fietsryers het agterna ook op sosiale media gesê die toer was ’n genotvolle geleentheid om nuwe mense te ontmoet en mekaar beter te leer ken. Kameraderie, kampvuurstories oor fietsry-ervaringe en uiteraard die onvergelyklike Namibiese sonsondergange en sonsopkoms was iets om te onthou.
Benewens Windhoek Light as hoofborg was Hollard Namibia ook ’n prominente borg, terwyl Novel Motor Company ’n stel voertuie vir gebruik tydens die byeenkoms beskikbaar gestel het.
’n String helpers was ook betrokke in al die logistieke take soos om plaashekke oop en toe te maak of die fietse te diens (Mannie’s Bike Mecca en Cymot). Vier fisioterapeute het ook ná elke dag die lyfsere help verlig.
Die tye van die algehele top-20 voltooiers was soos volg:
1 Team MBM (Tjipe Murangi en Xavier Papo, manspanne) 19:01:48
2 Team KIA Elite (Wim Steenkamp en Michelle Vorster, gemengde spanne) 19:08:19
3 Team MBM Mixed (Johan Faber en Irene Steyn, gemengde spanne) 20:56:50
4 Team Marathon Sugar (Johan Fourie en Genevieve Weber, gemengde spanne) 22:02:15
5 Team Wilde Honde (Axel Poser en Daniel Otto, mans) 22:03:47
6 Team Hollard 2 (Cobus Smit en Braam Vermeulen, mans) 22:06:13
7 Team NBL (Eckard Straemke en Christian Bean, mans) 22:52:54
8 Team Flash (Richard Quinn en Bruce Hughes, mans) 23:07:28
9 Team Borg (Leander Borg en Suzanne Borg, gemeng) 23:21:29
10 Team Cymot (Stefan van Doorn en Axel Theissen, mans) 23:40:45
11 Team H & CA (Wilmien Chamberlain en Johanita de Waal, vroue) 24:06:46
12 Hollard Tanne Manne (Giepie Nel en Silvio Suardi, mans) 24:07:02
13 Team Monteagle Africa (Jason Gifford en Paul Potter, mans) 24:20:44
14 Team Worry DeGo (Barry Hugo en Wouter de Wet, mans) 25:28:59
15 Team Engels (Adolf Engels en Dewald Engels, mans) 26:46:36
16 Team Forklift & Allied (Sven Tegethoff en Klaus Papendieck, mans) 28:07:10
17 Team Bechtle/Guia F.C. (Daniel de Jesus en Armando Seixas, mans) 28:55:19
18 Team Hollard 3 (Hannes Aucamp en Danie Myburgh, mans) 28:57:13
19 Team Snipers (Andreas Brendel en Stephan Harrison, mans) 29:02:30
20 Team Kusile/Hire All (Craig Murchie en Driekie Heyns, gemeng) 29:37:12

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie