Gemoedsrus vir rugbyspelers
Gemoedsrus vir rugbyspelers

Gemoedsrus vir rugbyspelers

Twee onder 14-rugbyspelers het 'n besondere borgskap ontvang om hul veiligheid op die speelveld te help verseker.

Hans-Dieter Rakow (links) en Clive Raines was in Augustus verlede jaar tussen die beseerdes in die ongeluk van Windhoek Gimnasium se skoolbus suid van Kalkrand, waarin twee medeskoliere gesterf het. Beide Rakow, 'n stut, en Raines (skrumskakel) het in die ongeluk kop- en gesigwonde opgedoen en was sedertdien bekommerd oor hul vooruitsigte om steeds rugby te kan speel. Danksy die medewerking van Christie du Plessis van Elite Sports het albei spelers 'n kopskerm met bykomende opstopsel as 'n skenking gekry, tesame met twee pare rugbystewels elk. Twee Suid-Afrikaanse handelsmerke wat met hierdie skenking in vennootskap was, is Impact Sports en Bananskinz. Du Plessis, self tot verlede jaar 'n aktiewe klubspeler as haker vir FNB Wanderers, sê hy en sy vrou het sowat 'n jaar gelede Elite Sports op die been gebring as 'n verspreider van sporttoerusting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!