Gemsbokvideo: Patrone glo op
Goeie vordering is met die ondersoek na die grusame video van die gemsboksteniging gemaak.
Francoise Steynberg
Die plaas in die Suide waar 'n gemsbok deur 'n groep mans met groot klippe bestook en keelaf met 'n stomp mes gesny is, is geïdentifiseer.
Volgens mnr. Colgar Sikopo, die direkteur van parke en wildlewe by die ministerie van die omgewing en toerisme, is goeie vordering met die ondersoek na die gewraakte gemsbokvideo gemaak deurdat die “misdaadtoneel” geïdentifiseer is.
“Ons ondersoek die saak volgens die nuwe inligting wat nou tot ons beskikking is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Sikopo gister aan Republikein bevestig.
Volgens mnr. Sean Naude van Windhoek wat homself die Namibiese “Marshall Ranger” noem en glo die oorspronklike video op Facebook geplaas het, is die plaas in die suide van Namibië in die omgewing van die Visrivier.
“Die plaas word besit deur die mense wat die gemsbok vrekgemaak het. Hulle het 'n geldige jagpermit vir die gemsbok. Nadat hulle die gemsbok gekwes het, het hul patrone opgeraak,” het Naude gister aan Republikein gesê.
“Hulle het besluit om die gemsbok op hierdie manier vrek te maak” deur die dier met groot klippe te bestook, aan die horings te gryp en met 'n stomp mes keelaf te sny. In die agtergrond op die video word Afrikaans gepraat, gevloek en dawerend gelag terwyl die jong gemsbok angswekkend en hulpeloos blêr.
Volgens Naude het die boere die voorval by die ministerie van die omgewing en toerisme en die polisie in die Suide gerapporteer.
“Toe ek die video sien, was ek op 'n missie. Ek wou die brutale slagting blootstel en het dit op Facebook geplaas,” het hy gesê.
Naude sê die boer het hom toe gebel en gesê hulle is bereid om die toneel aan hom uit te wys, daarom het Naude toe besluit om die video van Facebook verwyder.
“My idee was om hulle bloot te stel. Hulle het toe na my toe met allerhande verskonings gehardloop. Maar die gelag en die feit dat hulle 'n stomp mes gebruik het, vererger dit,” het Naude gesê.
Sikopo het bevestig dat die ministerie van die omgewing en toerisme met Naude kontak gemaak het.
Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, het gisteroggend tydens 'n nuuskonferensie in die hoofstad oor die video uitgevaar: “Ek waarsku mense dat dit wreedheid teenoor wilde diere en 'n oortreding van die wet is. Alles sal in die stryd gewerp word om die oortreders voor die gereg te bring.”
Hy het ook 'n versoek aan die publiek gerig om liewer sulke voorvalle soos dié video onmiddellik aan die ministerie te rapporteer as om dit op sosiale media te plaas.
Shifeta het gemaan dat wetgewing hersien word wat gaan bepaal dat niemand wat met dooie, wilde diere op foto's poseer, dit op sosiale media mag plaas nie.
Op Republikein se Facebook-blad het die plasing van die artikel meer as 28 000 mense bereik en is byna 150 keer gedeel. Lesers het afgryse, walging en skok oor die voorval uitgespreek en dit as onder meer “barbaars en “afgryslik” beskryf.
Republikein vra verskoning oor die plasing van die verkeerde selfoonnommer vir Sikopo soos deur die ministerie verskaf is. Dit is gister aanlyn en op sosiale media reggestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie