Geniet die kleiner dinge in die lewe
Geniet die kleiner dinge in die lewe

Geniet die kleiner dinge in die lewe

[email protected]
Sanet de Waal
Dit is weer Kerstyd en die nuwe jaar wink. Almal maak gereed om met vakansie te gaan en hulself op Kersdag knuppeldik te eet. Om by familie te wees, om al die dinge wat deur die jaar gebeur het op te vang.

Covid en sy nuwe Omicron-variant maak dit wel nie maklik nie, maar waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.

My gedagtes dwaal na al die vakansies wat ons as gesin gehad het. Ek wens soms ek kan daardie vakansies vir my kinders ook gee. Daardie luilekker dae langs die strand of om sommer net langs die tent, karavaan of chalet te ontspan en kaart te speel. Sorgelose dae.

Vandag is nie net geld 'n struikel­blok nie, reisregulasies maak dit ook moeilik. Ek sal nie omgee om weer vanaf Johannesburg na Gordonsbaai te ry nie. Moet nou nie dink ons het daardie tyd nie erg gekerm oor die lang pad en om die duisende kilometer aan te ploeter nie.

Ons het 'n Chevrolet – so 'n gryse – gehad en het 'n Gypsey 5 gesleep. Ek dink ons het meer langs die pad gestaan as enigiets anders, maar ons het altyd veilig by ons eindbestemming aangekom. En was dit nie lekker nie.

Of die pad vanaf Johies na KwaZulu-Natal se Suidkus (Amanzimtoti, Margate) of latere jare na die Noordkus (Ballito). Ai, hoe verlang ek nou terug na daardie dae.

'n Kollega het dié week gesê dit voel vir haar hoe ouer sy word, hoe minder is daar om na uit te sien. Ek dink ons almal voel so. Toe ons jonger was, was alles 'n uitdaging en jy het opgewonde geraak oor alles – al was dit hoe klein.

'n Ander kollega het toe gesê ons – dis nou die ouer garde – sien net die probleme raak; al die dinge wat kan skeef loop. Ons waardeer nie die kleiner dinge in die lewe nie. En ek wil heelhartig met haar saamstem.

Ek dink as ek nou weer daardie vakansies na Gordonsbaai, Suidkus en Noordkus moet aanpak, mag dit nie meer só lekker wees nie. Ek wens ek kan weer deur die oë van 'n kind na die wêreld kyk. Bygesê, dit moet die oë van 'n kind wees wat in die 70's, 80's of nog vroeër gebore is. Ná dit raak die lense van kinders se oë – dink ek – bietjie dowwer en minder rooskleurig.

Ons, die volwassenes, moet net weer 'n lus vir die lewe kry. Covid en al sy gedaantes maak dit nie maklik nie, maar ons moet ophou om die skuld op Covid en kie te pak. Ek glo baie van ons was voor die pandemie nie 100% gelukkig nie. Covid het bloot die soeklig daarop kom plaas; net sake kom vererger.

In 'n stadium het ek gedink om kop bo water te hou, is om te leef. Ek het intussen agtergekom om daardie filosofie te volg, is jy eintlik stilletjies besig om van binne af dood te gaan. En daarby trek jy almal naby aan jou saam die afgrond in.

Ek het ook besef positiewe denke maak 'n groot verskil. Om heeltyd negatief te wees en oor alles te kla, help nie jou gemoedstoestand nie. Ons moet net ons “spark” terugkry. Ons is geregtig daarop om gelukkig te wees.

Ek wens almal 'n rustige, geseënde Kersfees en 'n fantastiese, gatskop Nuwejaar toe. Kom ons pak 2022 by die horings; ons is mos nie ­sissies nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!