Gesigsluiers voortaan verbode
Nederland
Die Nederlandse parlement het Dinsdag gestem om sluiers wat die gesig bedek, soos die boerka, in openbare ruimtes te verbied.
Dit is volgens die regering ’n stap wat noodsaaklik vir veiligheid is, maar die opposisie het gesê dit paai anti-Moslem-gevoelens.
Kragtens die wet sal dit onwettig wees om sluiers of skimaskers en valhelms te dra in plekke waar dit noodsaaklik geag word om mense te kan uitken, soos in regeringsgeboue, op openbare vervoermiddels en in skole en hospitale.
Die boete vir oortredings van dié voorgestelde wet is €405 (byna R6 000). Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie